• Tuisblad
  • Kollig
  • Groot talent op die verhoog by vanjaar se Toerisme Ekspo

Groot talent op die verhoog by vanjaar se Toerisme Ekspo

Yandi Du Plessis
Verskeie gevestigde en ontluikende kunstenaars in die plaaslike musiekbedryf sal vanjaar op die verhoog te sien wees by die komende Toerisme Ekspo, wat vanaf 26 tot 28 April by die Windhoek Buiteklub aangebied word.

Big Ben, bekend as een van die beste verhoogkunstenaars in die land, se klank is uniek Namibies, maar vind wêreldwyd aanklank.

Sy musiek het hom reeds talle toekennings besorg en te danke daaraan kon hy die verhoog deel met van die grootste name in die Afrika-musiekbedryf, insluitend Salif Keita, Zahara en Johnny Clegg.

Die dinamiese duo The Ell’s het gewildheid verwerf oraloor Namibië en die SADC-streek vir hul foutlose klank en harmonie. Slickartie en Mannie domineer die verhoog met hul sagte dog kragtige stemme en “organiese” kombinasie van kitaar, sang en perkussie. Hulle sal na verwagting Woensdag 26 April vanaf 20:00 op die verhoog te sien wees.

Intussen het Arthur – die voorsanger van The Yesterdays – skares betower met sy sterk stem en passievolle kitaarspel.

Sy vokale en liedjieskryfvermoëns het hom al staande toejuigings by gemeenskaps- en korporatiewe geleenthede besorg. Sy optrede is ook vir Woensdag vanaf 18:00 geskeduleer.

Die sanger en liedjieskrywer Eben-ezer Angula, bekend as Vocalfront, is ’n ontluikende plaaslike opera- en popsanger.

Vocalfront is ’n bekende gesig by Song Night Namibia en Drag Night Namibia-geleenthede.

Hy word beskryf as ’n veelsydige en enigmatiese kunstenaar met ’n inspirerende klank wat by verskeie geleenthede, insluitend private en korporatiewe funksies die kollig gesteel het.

Die musikant, sanger en liedjieskrywer Savannah Collins is ’n trots Namibiese kunstenaar met musikale wortels in rock ’n roll, country en blues.

Deur haar unieke kombinasie van verskillende genres met akoestiese kitaarklanke en haar heserige stem skep sy ’n rou en impakvolle oorspronklike klank.

Nadat sy musiek in Kaapstad gestudeer het, het Savannah in 2016 haar oorspronklike debuutalbum getiteld Be Free opgeneem – met een van haar enkelsnitte wat op radiostasies in die VSA uitgesaai is. Sy het al vertonings vir internasionale kunstenaars soos Freshlyground, Prime Circle en Spoegwolf geopen.

Lin-Mari en JP Kotzé is ’n dinamiese duo wat hul liefde vir musiek kombineer deur kragte saam te span. Die kombinasie van hul talente as instrumentaliste op die klavier en kitaar maak hul optredes iets uniek en nuut vir Namibië.

Die duo het afsonderlik reusemylpale bereik soos om vir Spoegwolf in 2022 te open en om beide Voice of Namibia-finaliste te wees, met Lin-Mari wat die titel in 2021 gewen het. Die duo wil gehoorlede aan die dans kry met hulle klank en die “elektriese atmosfeer” wat dit skep.

Saam sal dié kunstenaars verseker ’n opwindende atmosfeer by die ekspo skep. Besoekers kan ’n unieke mengsel van Namibiese en universele klanke verwag wat jou sal laat vra vir ’n encore.

Moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop om van Namibië se mees talentvolle musikante in aksie te sien nie!

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!