Indie Fest propvol plaaslike talent

Henriette Lamprecht
Die Swakop Indie Fest, ’n jaarlikse instelling op die vakansiekalender, maak vanjaar weer sy buiging op dié vakansiedorp met ’n fees van plaaslike talent, kreatiwiteit en gemeenskap.

Met Tribe One Events as die gasheer is die fees ’n hoeksteen vir die ondersteuning van plaaslike talent en vanjaar is ’n spesiale mark met handgemaakte en unieke kuns en kunsvlyt ook deel van die program en die perfekte plek om daardie laaste spesiale Kersgeskenk te koop.

Plaaslike kunstenaars op die program sluit in Riaan Smit & The Shadowkatz, The Yesterdaye, Vaughn Ahrens Band, Janelle en die Wandelaars, O.U.Slow, The Gondwana Undivided Band, Jacob & Taylor, Johnny Crash, Lin-Mari, Jessica Ashley, DJ Mickey G en DJ YD Fresh.

Die fees bied iets vir oud en jonk en vind op 22 Desember by die Swakopmund Paintball & Adventure Park plaas. Die hekke open om 10:00, met die kunstenaars wat vanaf 11:00 tot laat optree.

Toegang vir kinders jonger as 12 is gratis, 12 tot 17 jaar N$50 en vir 18 jaar en ouer kan kaartjies vooraf teen N$199 per persoon by Webtickets en Pick n Pay gekoop word. Kaartjies by die hekkes kos N$299. Kaartjies is ook op die volgende skakel beskikbaar https://linktr.ee/tribe1productions en skandeer die QR-kode. Vir meer inligting bel Nadja by +264 81 622 2212 of stuur ’n e-pos aan [email protected].

Kommentaar

Republikein 2025-04-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer