Inisiatief gee plaaslike kunstenaars vlerke

Yandi Du Plessis
Die groepuitstalling Rising Voices open op 10 Augustus by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC).

Hierdie uitstalling bring die werk van Elisia Nghidishange, Lynette Diergaardt, Lynette Musukubili, Kambezunda Ngavee en Vitjitua Ndjiharine bymekaar.

In 2022, deur ’n mededingende aansoekproses, het hierdie vyf Namibiese kunstenaars elk ’n kontanttoekenning ontvang van die Africa Prime Initiative (API), die filantropiese tak van die Amerikaans-gebaseerde videostroomplatform Africa Prime.

Die uitstalling sal bestaan uit beeldhouwerke in saamgesweiste metaal en klip, weefwerk in plastiek en natuurlike materiale en digitale kuns. Ter viering van die kunstenaars se werke en die ruim ondersteuning van die API, sal hierdie uitstalling vanaf 11 tot 21 Augustus by die FNCC te sien wees, met ’n amptelike openingsgeleentheid op 10 Augustus om 19:00. Almal is welkom om dit by te woon en toegang is gratis.

Lynette Diergaardt het die volgende oor haar ervaring met dié inisiatief gedeel: “Met hierdie toekenning kon ek weefmateriaal invoer en kan Namibiese weefkunstenaars en medeskeppers nou bekend stel aan ’n nuwe metode in die maak van meer verfynde soorte handgemaakte tekstiele en weefkuns. Hierdie toekenning is ’n groot geskenk en sal nie net my artistieke loopbaan help om te floreer nie, maar het my gehelp om ’n deel van my opleiding terug te kry wat vir my vir ses jaar verlore was.”

Africa Prime het ten doel om ’n stem aan Afrika-talent te gee en outentieke Afrika-stemme te help om beheer van die vasteland se internasionale narratief te neem.

“Om opkomende kunstenaars te ondersteun is meer as ’n belegging in hul talent; dit is ’n belegging in die toekoms van Afrika se kreatiewe sektor wat die potensiaal het om ’n beduidende rol in ontwikkeling te speel. Deur die artistieke stemme van môre te bevorder, bemagtig ons hulle ook om Afrika se narratiewe en internasionale persepsies van ons vasteland te vorm,” het dr. Yaya Moussa, stigter van Africa Prime, gesê.

Al die kunstenaars wat toelae ontvang het, kon nuwe toerusting aankoop wat hulle in staat gestel het om hul professionele praktyk uit te brei en te ontwikkel.

As gevolg van hierdie finansiële hulp kon beide Elisia Nghidishange en Lynette Musukubili werk vir solo-uitstallings vervaardig.

Lynette Diergaardt en Kambezunda Ngavee kon albei gespesialiseerde toerusting vir onderskeidelik weef en klipbeeldhouwerk aanskaf. Vitjitua Ndjiharine kon vir haar navorsing reis en toerusting koop vir die skep van digitale kuns.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!