Die bekroonde filmmaker, Perivi Katjavivi Foto verskaf
Die bekroonde filmmaker, Perivi Katjavivi Foto verskaf

Katjavivi wen twee gesogte toekennings

Iréne-Mari van der Walt
Die Namibiese filmmaker Perivi Katjavivi het onlangs ’n toekenning vir beste redigering en die Michael Anyiam Osigwe-toekenning vir die beste rolprent deur ’n Afrikaan wat in die buiteland woon, by die 2024 Africa Movie Academy Awards (AMAA) ingepalm.

Katjavivi gaan ook vandeesmaand ’n toer deur die Verenigde State van Amerika (VSA) onderneem waar Under The Hanging Tree by verskeie vertonings en geleenthede vertoon sal word.

Katjavivi hou ’n vraag-en-antwoord-sessie by elke vertoning waar hy sy kreatiewe proses, Namibië se koloniale geskiedenis en die krag van storievertelling in die herwinning van geskiedenis bespreek.

“Die vertonings bied ’n wonderlike geleentheid om nie net Namibiese rolprentteaters te vier nie, maar ook om maniere te bespreek waarop ons kan saamwerk om hierdie inisiatief uit te brei,” sê Katjavivi.

Hy is ook die stigter van die Return to the Source Pan-Africa Film Laboratory, wat daarna streef om films as ’n medium te gebruik vir die verkenning en herwinning van geskiedenis, om koloniale nalatenskappe te konfronteer en gemarginaliseerde gemeenskappe te bemagtig.

Under the Hanging Tree was ook Namibië se eerste inskrywing vir die Oscars in die kategorie vir beste internasionale vollengte rolprent.

Katjavivi se laaste vertoning in die VSA is op Donderdag 12 Desember by die Sankofa Video Books & Cafe in Washington.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!