KIFA eindig môre

Iréne-Mari van der Walt
Ná ’n propvol weeklange program sal vanjaar se Kalahari Internasionale Kunstefees (KIFA) onder die tema “Kreatiewe bevoegdheid” môre tot ’n einde loop.

Vanjaar beoog KIFA om noodsaaklike kennis aan kunstenaars te verskaf oor hoe om hul finansies te bestuur en volhoubare loopbane in die kunste te bou.

“Kreatiwiteit oorskry grense en speel ’n belangrike rol in die bou van sterk, inklusiewe ekonomieë.

“Deur die KIFA-week vier ons die vermoë van die kunste om mense bymekaar te bring, optrede te inspireer en eenheid te bevorder,” sê die hoof van programontwikkeling en vennootskapsbeampte vir KIFA. Digitale oplossings vir kunstenaars is onder meer ook bespreek.

KIFA het ook nie van die volgende generasie kunstenaars vergeet nie met programme soos die Namib-storietrein en Afrika-literatuur vir kinders wat aangebied is.

Die uitstalling ABS: The Untold Story is ook geopen en diegene wat die uitstalling besigtig kan Namibië se ryk kulturele geskiedenis en moderne kunste van nader ervaar.

“KIFA Week 2024 is nie net 'n fees nie; dis ’n platform vir gesamentlike groei en innovering, waar die kunste ’n hulpmiddel word vir bemagtiging, ekonomiese ontwikkeling en demokratiese mag,” sê KIFA se stigter, Joshua Chirau.

Tydens die afsluiting môre sal die plaaslike kunstenaars Fasie Kay en Scarlet Grey optree.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!