Klimaatsaktivis se boodskap weergalm by Project Room
Nadat die klimaatsaktivis en kunstenaar Ina-Maria Shikongo se jongste uitstalling, Echoes of Resistance: The Power of My Voice, môre om 18:30 by die Project Room-galery geopen word, sal ’n dokumentêre film vertoon word wat meer insig in Shikongo se werk bied.
Die dokumentêr, Temperature Rising, is geskep deur die Emmy-bekroonde vervaardigers van die film Miners Shot Down.
Temperature Rising volg drie aktiviste, Kumi Naidoo, Gabriel Klaasen en Ina-Maria Shikongo, in die klimaatskrisis en vertel meer oor die impak van hierdie krisis op Suider-Afrika.
Jacqueline Van Meygaarden, Anita Khanna en Rehad Desai het die film se regie behartig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie