Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Kollig-kalender 17 April 2025

Iréne-Mari van der Walt
STEEDS AAN DIE GANG

• Moods and Moments II – ’n uitstalling deur Mechthild Merdes kan tot 17 Mei by die Nasionale Kunsgalery besigtig word.

• Art through the eye of an artist – ’n solo-uitstalling deur Andrew van Wyk kan besigtig word tot 14 Junie by die Nasionale Kunsgalery.



MôRE

• 18:00 – Die Windhoek-munisipaliteit bied ’n Gospel-aand by die Zoo Park-amfiteater aan, met optredes deur JOSM Record, PPC Hochland Worship Team, Martin Uukundu, Minister Gwenny, Ora Pronobis en Soli Deo Gloria. Toegang is gratis.



SATERDAG 19 April

• 08:00 – The Gathering bring kunstenaars, innoveerders, entrepreneurs en skeppers van oraloor die land bymekaar. Die geleentheid vind tot 17:00 by die Primêre Skool Namib se saal in Swakopmund plaas.

• 09:00 – Die OppiPier Kunstefees by die Walvisbaai Waterfront, met Liezel Pieters, Adam Tas, Cordelia, Petrus & Wouter, Deon Groot, Ricus Nel, Prop en Nadine. Kaartjies begin vanaf N$150 en is via webtickets.com.na beskikbaar.

• 10:00 – ’n Paaseiersoektog, gesigverf en springkastele met lewendige musiek deur Werner van Zyl by die Swakopmund-verfbalsentrum.

• 18:30 – Die Sentrale Metodiste Kerkkoor in Windhoek bied ’n Paaskantate en skenkingsveldtog aan ter ondersteuning van die Megameno-kinderhuis. Toegang is gratis.



DINSDAG 22 APRIL

• 14:00 – Internasionale Aardedag-bespreking oor rotskuns en erfenis by die Frans-Namibiese Kultuursentrum. Toegang is gratis.



WOENSDAG 23 APRIL

• 18:00 – Die fliek Revoir Paris (Paris Memories) word in Frans met Engelse onderskrifte by die Frans-Namibiese Kultuursentrum vertoon. Toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer