Foto ter illustrasie/Pexels/Karolina Grabowska
Foto ter illustrasie/Pexels/Karolina Grabowska

KOLLIG-KALENDER 30 November

Henriette Lamprecht
STEEDS AAN DIE GANG

• Die werke van kunsstudente aan die Universiteit van Namibië (Unam) word tot 1 Februarie 2025 by die Nasionale Kunsgalery uitgestal.



VANDAG

• 10:00 – Oriege Festival – Life is Art – by die Freedom Plaza se opelug-area, gaan Saterdag om 10:00 voort. Kaartjies: N$60 via webtickets.com.na.

• 17:00 – Oranjemund is die gasheer van ’n feesmark.

• 17:00 – Good Food Market & Hotter than Hot by Liliencronstraat 18 in Windhoek. Kaartjies:

N$80 - N$120 via webtickets.com.na.

• 19:00 – The Roadhouse Blues Band tree by die Steampunk Factory & Lounge Bar in Prosperita op.

Kaartjies: N$50. Besprekings: 081 388 2995.

• 19:00 – Acoustic Friday by die Franko-Namibiese Kultuursentrum met OU Slow op die verhoog. Kaartjies: N$80 voor die optrede en N$100 by die deure.

• 19:00 – CR1WD bied Festive Loading by Sound Garden in Swakopmund aan, met Gio, Mickey G, Zykes, Bronny en Martybrah.



MôRE

• 08:00 – Die Windhoek-boeremark by die Windhoek-skougronde tot 13:00. Toegang: N$5, gratis vir pensioenarisse en kinders jonger as 12.

• 09:00 – DBV-vlooimark ter ondersteuning van behoeftige diere tot 13:00.

• 10:00 – The Sugar King TopCheri Kiddies Concert en Play Day vind by die sportgronde van die Eros Primêre Skool plaas. ’n Dag vol musiek, pret en speel. Kaartjies: N$50 - N$60 via webtickets.com.na.

• 11:00 – Bonnets Up by die Old Wheelers Club in Windhoek.

• 14:00 – ’n Kersmark word by die Atlantis-sportklub in Walvisbaai tot 20:00 gehou en duur op 1 Desember van 09:00 tot 13:00 voort. Navrae: 081 143 9290.

• 15:00 – Plaas Krumhuk aan die buitewyke van Windhoek bied ’n Advent-mark aan met unieke kunsvlyt, tuisgemaakte speelgoed, gemmerbroodhuise en die maak van kerse. Dit duur tot 18:00. Navrae: 081 641 3795.

• 16:00 – Die Okahandja Men’s Movement bied ’n spesiale mannedag in die Okahandja-winkelsentrum langs Old Mutual aan. Kleredrag is formeel en swart-en-wit. Kaartjies kos N$100. Navrae: 081 230 4983.

• 19:00 – Vinyls Music Cafe bied aan Buru’s Saga, aangebied deur Axarob. Die vertoning sluit in A Gulp’s Worth, Romano Nauseb, Wadesixfour, Waters, Stanzo, Skylar and S.T. Kaartjies: N$100 via tambula.com.

• 19:00 – Vaughn Ahrens en sy orkes tree by Sound Garden in Swakopmund op. Kaartjies: N$80.

• 20:00 – Whoos Nextt tree saam met Zee Nxumalo by The Loft in Windhoek op. Kaartjies: N$100 - N$300 via webtickets.com.na.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer