Foto ter illustrasie/Pexels/Luca Volpe Productions
Foto ter illustrasie/Pexels/Luca Volpe Productions

Kollig-kalender

STEEDS AAN DIE GANG

Die Erongo Sake-ekspo vind tans by Walvisbaai se Civic Centre plaas en duur tot môre.

Elisia Nghidishange se uitstalling, House of Connection, kan by die Nasionale Kunsgalery in Windhoek tot môre besigtig word.

The Odd Ones – ’n versameling beeldhouwerke deur Duif Keyser – kan tot môre by die Nasionale Kunsgalery in Windhoek besigtig word.

Ina Maria Shikongo se uitstalling, Echoes of Resistance: The Power of My Voice, word tot 9 November by The Project Room uitgestal.



VANDAG

19:00 – Die Trio Feminale tree by die Krokodilplaas op Otjiwarongo op en Saterdag by die Farmhouse Deli op Tsumeb.

17:00 – Geniet musiekvertonings en wynproe by die First Friday’s Night Market by Eagles in Avis. Ingang kos N$80.

18:00 – Carols by Candlelight by Windhoek Gymnasium.

19:00 – Drag Night Namibia bied aan Rock ’n Horror by The Village Garden in Windhoek. Kaartjies kos N$100 op webtickets.com.na.

19:00 – Halloween by die Handle Bar, met As Night Fades, EV, The Tomorrow Band en ander wat optree. Kaartjies kos N$120.

19:00 – Vandeesmaand se Night Under the Stars by die Goethe-instituut. Kaartjies is N$50 by die deur.

19:00 – Wolfshack vier Halloween met die donker kant van die Shack, met SXDATED. Toegang is gratis.

20:00 – Wild Thyme Events en MYNT-nagklub bied hul jaarlikse somerfees aan, met Van Pletzen, Early B, Justin Vega en ander wat optree. Kaartjies beloop tussen N$200 en N$500 via webtickets.com.na.



MôRE

07:00 – Die Desert Mustangs bied hul jaarlikse Poker Run aan wat begin en eindig by C’est si Bon, via Omaruru, Karibib en Okahandja. Vir meer inligting stuur ’n e-pos na [email protected].

08:00 –Sluit aan by Arbor Academy vir ’n Sakekermis by die Okahandja-sokkerstadion, met vermaak, kos, kuns, kunsvlyt en vele meer. Toegang kos N$20, halfprys vir kinders.

08:00 – Die Savanna Namibian Comedy Festival vind by die Old Breweries Courtyard plaas. Kaartjies is vanaf N$50 via webtickets.com.na beskikbaar.

08:00 – Die Boeremark vind by die Windhoekse skougronde plaas. Toegang is N$5, maar is gratis vir pensioenarisse en kinders onder 12.

08:00 – Otjimukandi Fair 4.0 - ’n kulturele trougeleentheid van modelle wat rolspeel terwyl hulle Ovaherero-troues ten toon stel. Dit vind by die TransNamib-velde plaas. Kaartjies kos N$70.

08:00 – Laerskool Walvisbaai se FunFest bied ’n Park Off bash by die skoolvelde aan, met musiek, stalletjies, ’n potjiekoskompetisie en vele meer. Toegang kos N$40 vir volwassenes en N$20 vir skoliere.

12:00 – Doctatainment se R&B en Slow Jams met DS Milo van Suid-Afrika en ander, vind by Vanir Micro Sports Centre (voorheen XS Lounge) in Windhoek plaas. Kaartjies beskikbaar vir N$150 via webtickets.com.na.

14:00 – Die 32ste Black Melody Cultural Group-herdenkingskonsert vind by die Palm Tree-park in die hoofstad plaas. Kaartjies kan by die deur gekoop word (N$200) of vooraf op webtickets.com.na (N$200).

17:00 – Luminous-konsert met vertonings van die Suid-Afrikaanse pianis Tich Makalisa en Robin se Kinderkoor by die NG Kerk Windhoek-Oos.

18:00 – Vanjaar se Black Bra-geleentheid se tema is Barbie. Dit vind by die SKW-gronde plaas en sluit in optredes van Pulse Dancers, Jacob & Taylor, Riaan Smit en Claudine & Margi. ’n Tafel vir tien mense kos N$12 000 en is beskikbaar op howler.co.za.



WOENSDAG 6 NOVEMBER

18:30 – Die jaarlikse MTC Windhoek Modeweek vind op verskeie tye tot die 9 November by Stad Windhoek se hoofkantoor plaas. Kaartjies wissel vanaf N$100 tot N$200 op webtickets.com.na.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!