Foto ter illustrasie/Pexels
Foto ter illustrasie/Pexels

Kollig-kalender

Iréne-Mari van der Walt
VANDAG

• 19:00 – ’n Aand saam met Alterno en Krash by Musos Cafe & Bar in Windhoek. Toegang: N$40.

• 19:00 – Mel die Storieverteller voer “Dik Deurmekaar” – haar tweede komiese stuk wat die lyne tussen “stand-up”-komedie en ’n verhalende eenvrouvertoning vervaag – by Wanderers in Windhoek op. Kaartjies: Vanaf N$250 en is beskikbaar via webtickets.com.na.

• 19:00 – Dancing for Purrs – ’n liefdadigheidsgeleentheid wat fokus op die insameling van fondse vir die Triglav Trust, wat katte versorg wat in Windhoek en die omliggende gebiede gered word, word by die NG Kerksaal in Pionierspark aangebied. Kaartjies: N$250 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



MôRE

• 09:00 – Die Tots 2 Tween Baby Expo vind tot 20:00 by Droombos plaas. Of jy nou ’n ouer, verwagtende ouer is of vir die toekoms beplan, dit is jou eenstopbestemming vir alles wat verband hou met vrugbaarheid, kraam, voorgeboorte, vaderskap, ouerskap, babasorg en vroeë kinderontwikkeling.

• 19:00 – Mel die Storieverteller voer “Dik Deurmekaar” by die Namib Primêre Skool Aula in Swakopmund op. Kaartjies: Vanaf N$250 en is beskikbaar via webtickets.com.na.

• 19:00 – Afrika se grootste R&B-partytjie is terug met Strictly Soul by The Village Garden. Kaartjies: Vanaf N$100 en is beskikbaar via Quicket.co.za.

• 20:00 – Lebe, Liebe, Lache – ’n komedievertoning deur Biyon Kattilathu (in Duits) vind in die Nasionale Teater plaas. Kaartjies: N$200 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



DINSDAG 11 MAART

• 19:00 – Mel die Storieverteller voer “Dik Deurmekaar” by die Reit-klub in Otjiwarongo op. Kaartjies: Vanaf N$250 en is beskikbaar via webtickets.com.na.



VRYDAG 14 MAART

• 19:00 – Die ongelooflike reis van Tinkerbell van Tonder saam met Amanda Strydom en Coenraad Rall by die Nasionale Teater. Kaartjies: N$300 (N$250 vir pensioenarisse) en is beskikbaar via eticket.my.na.

Kommentaar

Republikein 2025-04-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer