No Image Caption

Koolsop in ’n japtrap

Iréne-Mari van der Walt
’n Koolkop in jou yskas kan nogal intimiderend wees. Iemand het aanlyn gesê as jy die moed het om ’n koolkop te koop, moet jy óf ’n honderd resepte hê wat almal ’n bietjie kool gebruik óf jy moet twee resepte hê wat elkeen baie kool benodig.

Hierdie resep is ’n fantastiese manier om ’n warm ete in ’n japtrap voor te sit terwyl jy van die groente wat op die punt is om te verlep, te gebruik.



BESTANDDELE

• 1 ui, fyn gekap

• ’n halwe kopkool, in dun repies gesny

• twee middelgrootte wortels, gesny

• 500g spek of varktjops, gesny

• 250g spinasie, gesny

• 1 brandrissie, gesny

• knoffel

• tiemie

• aftreksel

• botter/olie van jou keuse



METODE

1. Roerbraai die ui, wortels, spek en kool in olie of botter. Wanneer die uie amper glaserig is, voeg die brandrissie en knoffel by en braai vir ongeveer 30 sekondes.

2. Voeg aftreksel van jou keuse by tot die groente bedek is. Voeg die tiemie by.

3. Kook vir ongeveer 20 minute of tot die groente sag is. Bedien met ’n koolhidraat van jou keuse. Maak vier tot ses porsies.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!