Die drie kulkunstenaars Gaston Florin, Janis von dem Borne en Harry Riegel.
Die drie kulkunstenaars Gaston Florin, Janis von dem Borne en Harry Riegel.

Kulkunstenaars bring sak vol truuks na Namibië

Yandi Du Plessis
Drie wêreldbekende kulkunstenaars bring hulle magiese vertoning “Magic Words – Zauberworte” volgende maand na Namibiese verhoë danksy ’n inisiatief deur die Duitse ambassade en die Goethe-Instituut.

Behalwe vir die aandvertonings wat op volwassenes gemik is, sal die trio ook by uitgesoekte skole optree. Die dans- en ritmegroep Hit the Beat sal ook by sommige vertonings optree. Die toer het ten doel om mense van verskillende agtergronde bymekaar te bring om te deel in die fassinasie van magiese ervarings.

Die drie kulkunstenaars is Gaston Florin, Janis von dem Borne en Harry Riegel.

Gaston, die gedaanteverwisselaar, het al verskeie toekennings gewen, waaronder die Sarmoti-toekenning wat onder andere deur Siegfried & Roy in Las Vegas aangebied is.

Janis, wat die storieverteller van die trio is, is al by verskeie geleenthede in internasionale kulkunskompetisies bekroon, insluitend die eerste plek in Oostenryk (Oostenrykse kampioen), derde plek by die wêreldkampioenskappe in Den Haag, verskeie pryse by die Duitse kampioenskappe, en ’n benoeming vir die wêreldkampioenskappe in Stockholm.

Harry, die mentalis, het ’n deel van sy kinderjare in Namibië deurgebring. As een van die min mentaliste wat via radio sy truuks kan doen, het sy talent hom oraloor die wêreld geneem om vir talle radiostasies, TV-kanale en bekendes, insluitend Beyoncé en Jay-Z, op te tree.

Die Namibiese première vind op 4 Maart in Windhoek by Droombos plaas, waarna vertonings in Tsumeb, Otjiwarongo, Omaruru, Swakopmund, Wolwedans Dune Lodge, Lüderitz Nest Hotel en Maltahöhe Hotel sal volg. Die toer sluit af met twee vertonings by die Nasionale Teater (NTN) in Windhoek op 24 en 25 Maart.



TOERPROGRAM:

*4 Maart: Droombos, Windhoek (première met ’n driegangete en aandvertoning saam met Hit the Beat)

*6 Maart: Kupferquelle-oord, Tsumeb

*8 Maart: C’est si Bon, Otjiwarongo

*10 Maart: Kashana Lodge, Omaruru (sluit ’n driegangete in)

*11 Maart: Barth-saal, Omaruru

*13 Maart: Haus der Jugend, Swakopmund (Duitse vertoning)

*14 Maart: Haus der Jugend, Swakopmund (Engelse vertoning)

*15 Maart: Hotel Deutsches Haus, Swakopmund (sluit ’n viergangete in)

*17 Maart: Wolwedans Dunes Lodge

*18 Maart: Wolwedans Dunes Lodge

*20 Maart: Nest Hotel, Lüderitz (spesiale aandete-vertoning)

*21 Maart: Lüderitz Nest Hotel

*22 Maart: Maltahöhe Hotel

*24 Maart: Nasionale Teater, Windhoek (BBP-kaartjies beskikbaar)

*25 Maart: Nasionale Teater, Windhoek (BBP-kaartjies beskikbaar)

Kaartjies is beskikbaar via webtickets.com.na.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!