Foto ter illustrasie/Pixabay
Foto ter illustrasie/Pixabay

Kunssinnig – 17 Januarie 2025

Iréne-Mari van der Walt
• Die Project Room het die geleentheid, The Gathering, wat in Swakopmund by die Woermannhaus aangebied word, na 19 April verskuif.

• Die Namibiese Kunstevereniging is op soek na sy volgende uitvoerende bestuurder. CV’s kan per e-pos na [email protected] en [email protected] gestuur word.

• Die Frans-Namibiese Kultuursentrum se Franse lesse begin op 27 Januarie – voortaan sal lesse ook op Saterdae aangebied word.

• Die derde Africa Media Film Festival word op 26 en 27 Februarie in Nairobi, Kenia, gehou.

• Drag Night Namibia het die afgelope naweek sy eerste geleentheid vir die jaar onder die tema, Rock & Horror, aangebied.

• Die literêre tydskrif Doek! is tans op soek na fiksie-, niefiksie-, poësie- en visuele inskrywings. Vir riglyne en inskrywings besoek www.doeklitmag.com/submissions.

• Januarie se uitgawe van die tydskrif Doek! is op die rakke onder die tema “Turipamwe” – ons is saam.

• Die Britse kunstenaar Megan Russel, wat onder die skuilnaam Peachzz werk, is benoem vir die toekenning vir die beste muurskildery ter wêreld by die Street Art Cities se beste van 2024-toekennings.

Kommentaar

Republikein 2025-01-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 27° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 17° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 19° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 21° | 38° Oranjemund: 15° | 23° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 18° | 29° Maputo: 19° | 31° Windhoek: 17° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 17° | 30° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 21° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!