Kunstenaars rock dié naweek
Ná ’n hoogs suksesvolle musiekgeleentheid verlede jaar met die legendariese Suid-Afrikaanse rockgroep Prime Circle, is dit eerskomende naweek weer tyd vir plaaslike en Suid-Afrikaanse kunstenaars om Windhoek op horings te neem.
Verskeie gunstelinge sal op 27 Mei by Rock ‘N’ Roll Namibia die verhoog by die Doc Jubber-hokkievelde aan die brand laat slaan.
DIE HEUWELS FANTASTIES
Sedert hul eerste vrystellings in 2009, het Die Heuwels Fantasties hulself as een van die gunstelingname in Afrikaanse musiek gevestig met liedjies soos “Klein Tambotieboom” en “Pille vir Kersfees”.
Die groep se sukses sou egter nie daar stop nie en sedertdien het hulle agt albums, wat Wilder as die Wildtuin, Alles wat Mal is en Ja. Nee. Lekker insluit, verseker dat hierdie groep lank nog hul plek in Afrikaanssprekendes se harte sal behou en op speellyste.
JO BLACK
Met sy 2016-enkelsnit “Skepe” het die Pretorianer Jo Black die Afrikaanse musiekbedryf met ’n storm getref en by die 2018 Ghoema-musiektoekennings letterlik ’n armvol toekennings verower.
Onder die sewe Ghoema’s staan onder meer die Manlike Kunstenaar van die Jaar en ’n eretoekenning vir Beste Verkoper van die Jaar uit. Aanhangers sal onder meer snitte van die 2022-album “Vegter” by vanjaar se Rock ‘N’ Roll Namibia kan geniet.
AS NIGHT FADES
Sedert hul begin vroeg in 2016, het As Night Fades ’n blaadjie uit Droomsindroom (Suid-Afrikaanse groep) se boek gevat en ’n kopskud-rewolusie in Namibië begin.
Met die onlangse vrystelling van hul enkelsnitte “Where are we then” en “Morphine” agter die rug, het As Night Fades onlangs die verhoog met die Suid-Afrikaanse groep Fokofpolisiekar by die Sound For Sight-konsert in die hoofstad gedeel.
VAUGHN AHRENS
Nadat hy eens beskryf is as die wonderkind van Namibiese musiek, het baie water onder die brug geloop vir Vaughn Ahrens.
Ná die vrystelling van sy debuutalbum Songs For Wednesdays het Ahrens se musiek groei ervaar voor die vrystelling van sy nuutste album Here Lies Vaughn Ahrens, wat volgens hom ’n simboliese afskeid is aan die weergawe van homself wat hy voorgegee het om die publiek tevrede te stel. Ahrens is ook die gesig agter die onlangse “Small Talk” en “You Don’t Dance (Like You Used To)”.
GARETH HARVEY
Bekendes soos Catherine Zeta-Jones en Hugh Grant asook Emeritus Aardsbiskop Desmond Tutu het reeds die saksofoon-klanke van Gareth Harvey geniet, hoekom sou Rock ‘N’ Roll Namibia nie?
Gareth het vir homself ’n naam gemaak saam met die Namibiër Riaan Smit, wat ook by die geleentheid te sien is, as deel van die gypsy-bluesgroep Crimson House. As ’n solokunstenaar het Gareth onlangs besluit om vir twee jaar na Namibië te verhuis. Kort na sy aankoms het Harvey homself reeds gevestig as ’n kunstenaar waarna Namibiërs kan uitsien.
LIN-MARI
Nadat sy in 2021 die sangkompetisie Voice of Namibia gewen het, het Lin-Mari die nasie se harte ook verower. Sy het gedurende haar jaar as die wenner van Voice of Namibia hoofstroomsukses in Namibië behaal met haar Afrikaanse danstreffer, “Alles” – ’n verandering van die sagte en sentimentele melodieë wat sy voorheen met aanhangers gedeel het. Sy hoop om die land se voete weer te laat jeuk met ’n dansliedjie wat sy tans in die mou voer.
PIERRE PIENAAR
Die Namibiër Pierre Pienaar het oor die jare nagklubs wêreldwyd aan die dans gehad as platejoggie, maar het nog nie sy wortels op Kamanjab en Windhoek vergeet nie.
Hy sien uit om hand te skud met Die Heuwels Fantasties na hy onder een van sy verhoogname Pierre Pressure ’n enkelsnit saam met dié groep vrygestel het.
RIAAN SMIT
Nadat hy oorspronklik teruggekeer het na Namibië om gedurende die Covid-19-pandemie tuis te wees, vertel Riaan Smit hy is gelukkig in Namibië gevestig. Toe die stof gaan lê oor die musiekbedryf, het Riaan die taak opgeneem om meer struktuur aan die plaaslike musiekbedryf te gee.
Met die stigting van sy maatskappy, Tribe One Productions, het Riaan verskeie plaaslike kunstenaars, insluitend Lin-Mari, Sagarias Tsam en The Yesterday onder sy vlerk geneem. Ongeveer drie jaar ná sy terugkeer na Namibië, het hy steeds gehore landswyd aan die dans wanneer hy sy kitaar nader trek.
SAVANNAH COLLINS
Savannah Collins word gereeld bestempel as Namibië se eerste “rocker chick”, maar met wortels ook in country en blues geplant, het Savannah haarself gevestig as ’n musikant in eie reg. Haar 2017-album Be Free het haar rasperstem blitsvinnig een van die gunstelingstemme in Namibië gevestig.
Deur haar musiekskool, Songbird Vocal Studio, gebruik sy haar tyd en talent om jong plaaslike sangers te bemagtig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie