Laat jou reënboog helder skyn
Pride-maand word in Junie in talle lande wêreldwyd gevier. Die LGBTQ Pride-maand het sy oorsprong in die Verenigde State van Amerika.
Die maand word gevier om die Stonewall-onluste te herdenk wat aan die einde van Junie 1969 plaasgevind het. Gevolglik word verskeie geleenthede gedurende die maand gehou om die impak wat LGBTQ-mense op die wêreld gehad het, te erken.
In Namibië word die maand ook gevier en op Saterdag, 18 Junie, word die Pride Hatter Brunch in Windhoek aangebied.
Sven-Eric en Lize Ehlers neem aan die Pride-maandvieringe deel en gaan in samewerking met Café Prestige ’n heerlike ervaring met kos, sang en gewaagde modestellings aanbied.
“Nadat ons saam met Sven-Eric en Eli Gentle by die opening van die nuwe Café Prestige by die Franco-Namibiese Kultuursentrum in November 2021 saamgewerk het, het ons besluit om binnekort weer só te maak,” het Ehlers gesê.
“Ons het op 29 Mei die reënboogsypaadjie oorgeverf met reuse-hooftooisels deur Sylvanus en uitrustings wat deur Melisa Poulton ontwerp is,” het Sven-Eric gesê.
“Nou berei ons voor vir ’n avant-garde maar stemmige viering van musiek, mense en liefde vir goue oues, mimosas en ‘n gevoel van gesofistikeerdheid wat die essensie van Pride Hatter Brunch sal vasvang,” het Ehlers gesê.
Kaartjies kos N$300 per persoon (‘n minimum van twee kaartjies kan op ‘n slag gekoop word), en sluit ’n bord met Mediterreense vingerhappies in. Kaartjies is by Café Prestige beskikbaar.
Onthou om jou grootste, spoggerigste hoed en sonbril te dra terwyl jy jou vlag hemelhoog laat wapper en die wonderwerk wat die lewe tydens Covid was, vier. Of dra net jou hoed en sonbril en geniet die musiek en geselskap.
Vir meer inligting, kontak [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie