Literêre fees terug in Augustus
Die plaaslike literêre tydskrif Doek! het in samewerking met Bank Windhoek aangekondig dat die gewilde Doek Letterkundefees vanjaar vanaf 21 tot 24 Augustus by die Goethe-instituut in Windhoek plaasvind, onder die tema “Onafhanklikheid: Vryheid deur lees en skryf”.
Die fees vier die werk van skrywers, digters en visuele kunstenaars wat bygedra het tot die tydskrif, wat daarop gemik is om die beste van Namibiese letterkunde, tesame met werke uit Afrika en die Afrika-diaspora ten toon te stel.
“Die fees is ’n integrale deel van Doek! se missie om die land se lees- en skryfkultuur te koester en te bevorder, terwyl dit ’n kreatiewe en meeslepende ruimte bied vir die ontmoeting van die werke van Namibiese en Afrika-skrywers, digters en visuele kunstenaars,” lui ’n mediaverklaring van Bank Windhoek.
Die letterkundefees spog vanjaar met bekroonde skrywers, digters, fotograwe en musikante van Namibië, Angola, Ethiopië, Jamaika, Kenia, Nigerië, Suid-Afrika en Zimbabwe.
Feesgangers kan uitsien na paneelbesprekings, kreatiewe skryfwerkwinkels en musiekoptredes.
Die eklektiese versameling skrywers, digters en visuele kunstenaars – wat in die reeks saamgestel is – sal die vreugdes, gevare, vorige drome, huidige toestande en toekomstige uitdagings van storievertelling in die land, Afrika en die wêreld ondersoek met hul gepubliseerde werke as agtergrond.
“Die tweede uitgawe van die Doek Letterkundefees kon literêre talent van so ver as Jamaika en die Verenigde State werf om plaaslike lesers en skrywers in kontak te bring met storievertellers van die hoogste gehalte,” het Rémy Ngamije, Doek! se stigter, die voorsitter en huidige feesdirekteur, gesê.
Hy het bygevoeg dat twee van Namibië se belowendste fotograwe ook hul werke sal uitstal en deel hoe hulle fotografie benader.
Die fees gaan voort in samewerking met internasionale literêre organisasies, wat Doek! se werk ondersteun om Namibië as ’n gemeenskap van lesers en skrywers en literêre bestemming te vestig.
In 2022 is die eerste fees deur die Universiteit van Oos-Anglia se internasionale voorsitter vir kreatiewe skryfkuns aangebied.
“Die beplanning, organisasie en kapasiteit wat nodig is om van hierdie fees ’n sukses te maak, is byna onmeetbaar. Daarom is ek verheug dat Doek! – deur die ondersteuning van sy beskermheer, die agbare regter David Smuts, en die raad van trustees – Namibiese feesvennote kon verseker om te help om ’n sukses daarvan te maak,” het Ngamije gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie