• Tuisblad
  • Kollig
  • Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië dié naweek gekroon
Die Mej. Namibië-finaliste. Foto verskaf
Die Mej. Namibië-finaliste. Foto verskaf

Mej. Namibië en Mej. Tiener Namibië dié naweek gekroon

Michael Kayunde
Lüderitz speel vanaand en môreaand gasheer vir onderskeidelik die kroningsgeleenthede van Mej. Tiener Namibië en Mej. Namibië.

Dié gesogte geleenthede, wat deur die Mej. Namibië-organisasie in samewerking met die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) gereël word, beloof ’n vermenging van glans en sosiale impak, met die klem op die viering van Namibië se skoonheid.

NBC se woordvoerder, Beaulah Boois-Beukes, het oor die voorbereidings van dié glansgeleentheid gesê: “Beplanning is van uiterste belang!”

Sedert die aankondiging van die venue het die organisasie nou saam met die borge en belanghebbendes op Lüderitz gewerk.

“Voorbereidings is in volle swang, met deelnemers wat deel is van verskeie opleidingsessies en aktiwiteite om vir die finale geleentheid voor te berei.

“Vordering is ook gemaak met die voorbereiding van die venue waar die geleentheid gehou gaan word,” het sy gesê.

Vanjaar se kompetisie het ten doel om Mej. Namibië na verskillende dele van die land te neem en die land se diverse kultuur en boeiende skoonheid ten toon te stel.

Boois-Beukes het die beduidende voordele vir Lüderitz uitgelig en daarop gewys dat die geleentheid aansienlike korttermyn- ekonomiese voordele sal inhou en sal bydra tot langtermyn-toerismegroei en -ontwikkeling in die dorp.

“Behalwe vir die ekonomiese voordele, bied die geleentheid ook ’n kans om die geskiedenis van die dorp uit te lig terwyl sy skoonheid en diverse kultuur vasgevang word,” het sy bygevoeg.

Om ’n nasionale geleentheid aan te bied sal na verwagting ’n gevoel van trots en eenheid onder inwoners en burgers in die algemeen bevorder.

Die Mej Namibië-organisasie en NBC glo dat vanjaar se kompetisie ’n mylpaal sal wees in die bevordering van Namibië se kulturele erfenis en natuurskoon.

Kaartjies vir die geleenthede is aanlyn beskikbaar via Webtickets sowel as by Fitness World en Seaview Restaurant.

Bespreek jou sitplek om hierdie grootse viering van Namibiese skoonheid en kultuur te aanskou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!