Modeskou om die draai
Die model- en modegemeenskap hou hul asem op terwyl Figures Model Namibia voorberei om die 2024 Alice in Wonderland-modeskou aan te bied.
Dié geleentheid sal op Saterdag 3 Augustus by die Wanderers-sportgronde in Windhoek plaasvind en beloof om ’n merkwaardige samesmelting van kreatiwiteit en talent te wees.
’n Verteenwoordiger van Figures Model Namibia, Juanita Koen, het in ’n eksklusiewe onderhoud met NTV se Smell The Coffee insigte oor die akademie en die komende geleentheid gedeel.
“Figures Model Namibia is ’n modelakademie en -agentskap. Ons werk daaraan om modelle se selfvertroue en etiket te bou, om seker te maak dat hul drome bewaarheid word.
“Ons is hier om die jeug te bemagtig,” het Koen gesê en die akademie se toewyding tot die koestering van jong talent beklemtoon.
Koen sê verder: “Die modelbedryf het oor die jare getransformeer. Dit gaan nie meer net oor loopplankmodelle nie.
“Ons omhels diversiteit en werk met plusgrootte-modelle, petite modelle, lang modelle, kort modelle en fotografiese modelle. Daar is plek vir almal in hierdie bedryf.”
Die Alice in Wonderland-modevertoning beloof ’n propvol skedule.
“Ons hou ’n gradeplegtigheid vir ons modelle wat hul kursusse voltooi het, en ’n halfeindronde vir die Global Model of the Year-kompetisie in Suid-Afrika. Dit is ’n belangrike internasionale platform vir ons modelle,” het Koen gesê.
Vir diegene wat wonder hoe plaaslike talent internasionale verhoë kan bereik, het Koen gesê Figures Model Namibia is hier om daardie geleentheid te bied.
“Ons is deel van ’n internasionale netwerk, en ons lei en begelei ons modelle om geleenthede wêreldwyd aan te pak.”
Die akademie sluit verskeie ouderdomsgroepe in.
“Ons neem modelle in vanaf die ouderdom van 2 tot 32. Ons klasse is ontwerp om selfvertroue, waardigheid en etiket te bou.
“Die grootste voordeel van modelwerk is om ’n goeie selfbeeld te kweek en ’n mens se waarde te besef.”
Met die Alice in Wonderland-modevertoning net om die draai, moedig Koen aspirant-modelle aan om die kans aan te gryp.
“Belê in jou drome. Dis ’n wonderlike manier om voor te berei vir wanneer jou deurbraak kom,” het sy afgesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie