Muurkuns gee hoofstad nuwe lewe

Yandi Du Plessis
’n Nuwe muurskildery is vandeesweek op die oostelike muur van die Nasionale Galery van Namibië (NAGN) in Robert Mugaberylaan onthul. Dié skildery verander jaarliks en terwyl die vorige projek getiteld “Everybody Versus Corona” Namibië se stryd teen die Covid-19-pandemie uit diverse perspektiewe uitgebeeld het, val die fokus vanjaar op die sogenaamde reënboog ná die storm en word ‘n meer positiewe vooruitsig vir die toekoms van die stad en sy inwoners verbeeld. “Kom ons maak die stad wakker! Elke dag sal hierdie muurskildery almal wat verbyry of -stap herinner om wakker te word en die oggend, die dag, die projek, die droom, die lewe aan te gryp.”

Die Kongolees-gebore kunstenaar Tity Tshilumba het vanjaar se muurskildery geskep onder die vaandel van die tweede aflewering van die Otjomuise Live Arts Festival (Olaf) wat op 14 Oktober in die hoofstad afgeskop het en môre tot ‘n einde kom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!