NACN finansier 24 kunsprogramme
Altesaam 24 kunsprogramme sal baat vind by die derde fase van die Nasionale Kunsteraad van Namibië (NACN) se toelaeprogram.
Vier-en-twintig kunstenaars uit nege verskillende streke sal altesaam N$673 552 ontvang vir die verskillende vorme van kuns wat hulle skep, insluitend musiek, mode-ontwerp, letterkunde en visuele kuns.
“Hierdie toekenning bevestig weer eens die NACN se strategiese verbintenis om ’n inklusiewe kuns-ekosisteem te koester wat nie net die kulturele sektor verryk nie, maar ook betekenisvol bydra tot sy kreatiewe ekonomie,” het die NACN in ’n verklaring gesê.
Om in aanmerking te kom vir finansiering moes kunstenaars in lyn wees met ten minste een van ses fokusareas wat kritieke maatskaplike en kulturele temas aanspreek.
Die fokusareas is maatskaplike beskerming en navorsing, opkomende gemarginaliseerde en inheemse kunste in landelike gebiede, om maatskaplike kwessies soos werkloosheid en geslagsgebaseerde geweld aan te spreek, om die betrokkenheid van vroue, jeug en mense met gestremdhede te ondersteun, die skepping van nuwe werksgeleenthede deur digitale media asook die groei van kapasiteit en entrepreneurskap in die kunsbedryf.
“Ná ’n streng keuringsproses van 143 aansoeke is die 24 projekte wat gefinansier word gereed om verandering in hul gemeenskappe aan te dryf deur innoverende oplossings en kreatiewe afsetpunte vir maatskaplike uitdagings te verskaf,” lui die verklaring.
Dit volg op die eerste twee fases van die NACN se toelaeprogram wat onderskeidelik N$615 206,50 aan 16 projekte en N$521 624,30 aan 15 projekte toegeken het.
Die NACN is tans ook op soek na kunstenaars se insette vir wysigings aan die Wet op Nasionale Kunstefonds.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie