• Tuisblad
  • Kollig
  • Namibië se Johnny ‘op ’n nuwe plek in sy lewe en loopbaan’
 Johnny Davids Foto verskaf
Johnny Davids Foto verskaf

Namibië se Johnny ‘op ’n nuwe plek in sy lewe en loopbaan’

Die sanger, liedjieskrywer, outeur, TV-aanbieder en trotse Namibiër, Johnny Davids, se splinternuwe liedjie word vandag bekend gestel.

“Nuwe Naam” is uit sy getuienis gebore. Ná die ses maande lange skryfproses van sy memoires, Boytjie, het Johnny besef dat hy, ná meer as 40 jaar, uiteindelik genesing ontvang het.

Met talle voorbeelde in die Bybel waar iemand ’n nuwe naam gekry het, het dit met baie nuwe dinge gepaard gegaan. En dis waar Johnny hom op die oomblik bevind. Op ’n nuwe plek in sy lewe en loopbaan.

Met hierdie nuwe liedjie wil Johnny ook ander bemoedig wat tans met uitdagings sukkel, deur te sê dat Jesus vir elkeen van ons 'n nuwe uitkoms, nuwe hoop en ’n nuwe toekoms wil gee; ’n nuwe naam!



’N TERUGBLIK

Johnny se loopbaan in die vermaakbedryf het in 2003 begin, toe hy en sy destydse sangmaat, Vivian Molauly, die heel eerste Afrikaanse talentkompetisie, Zing!, op kykNET gewen het.

Johnny se loopbaan het van daar af vlamgevat. Hy is die afgelope 20 jaar ’n kykNET-aanbieder, met programme soos Kunskafee, Tuine en Tossels, Kollig en Kwêla op sy kerfstok. Hy was ook ’n omroeper by Radio Sonder Grense (RSG).

In die wêreld van sportkommentator het Johnny ook sy merk gelaat en was deel van die radiokommentaarspan wat die 2010 Fifa Sokkerwêreldbeker-toernooi uitgesaai het.

Benewens sy rol as senior omroeper/regisseur het hy die sportafdeling bestuur, musiekprogramme vervaardig en kommentaar vir verskeie sportkodes gelewer. Johnny het in 2011 die SAB-toekenning vir die beste radiosportaanbieder gewen.

Dis toe dat hy Supersport se aandag getrek het, en in 2012 ’n loopbaanskuif na dié sportkanaal as rugby- en krieketkommentator gemaak het.

Omtrent 200 produksies later en Johnny is tans die mede- ankeraanbieder van die gewilde rugbygeselsprogram, SuperRugby, en ook ’n senior krieketkommentator by SuperSport.

Dit is egter musiek wat hom na aan die hart lê. Hy werk tans aan splinternuwe musiek, wat basies sy lewensverhaal opsom.

Die nuwe musiek is gebore nadat hy ’n tyd gelede Boytjie klaar geskryf het. Vandaar sy nuwe enkelsnit wat onlangs vrygestel is, met nog baie nuwe musiek wat op pad is.

“New Name” is van vandag af op Spotify, Apple Music, Deezer, YouTube, Google Play, Tidal en Amazon Music beskikbaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!