Namibië se eerste opera
Operaliefhebbers in Namibië kan hulle gereedmaak vir ’n ware bederf wanneer die eerste eg-Namibiese opera, Chief Hijangua, in September vanjaar sy debuut by die Nasionale Teater (NTN) sal maak.
Dié grensverskuiwende projek word deur Eslon Hindundu, ‘n Namibiese komponis, na sy tuisland se verhoë gebring. Die projek is die produk van samewerking tussen Namibië en Duitsland en die opera se Duitse première sal in Oktober in München gehou word.
Twee jong en passievolle individue het Opera Namibia in 2019 gestig. Eslon en Kim Mira Meyer het in 2019 ontmoet terwyl hulle albei by die Immling Operafees in Bad Endorf, Duitsland, gewerk het. Kim het as assistentdirekteur en regisseur gewerk en Eslon as sanger en koordirigent. In hierdie tyd is die idee gebore om ‘n operaprojek tussen die twee lande te stig.
Sedertdien bou die duo ’n artistieke brug tussen Windhoek en München om die uitruil van musiek, dans en drama tussen dié twee lande moontlik te maak. Verskeie projekte is reeds en word steeds onder die vaandel van Opera Namibia van stapel gestuur.
Kim is in Bremen gebore en het in 2015 aan die musiekskool daar gegradueer, waarna sy by die Antenne Bayern-radiostasie en talle onafhanklike teatergroepe, insluitend die Pathos-teater in München, gewerk het. Daarbenewens het sy die vereniging Worte Play Notes e. V. gestig, wat klassieke werke soos Die Sneeukoningin, Aladdin en Sherlock Holmes na verhoogstukke verwerk het.
Sedert die 2019-‘20-seisoen werk Kim as regisseur en assistentregisseur met waarnemende verpligtinge by die Staatstheater am Gärtnerplatz, spesifiek as mededirekteur van Mozart Must Die en Dornröschen.
Eslon het sy studies aan die Odeion-musiekskool by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein, Suid-Afrika, voltooi. Hy het in 2015 begin om koormusiek vir verskeie kerkkore en orkeste oraloor die land te komponeer en te verwerk. Eslon is die stigter van Vox Vitae Singers Namibia en produksievennoot van Momentbühne, ’n niewinsgewende organisasie wat fokus op aanpassings van wêreldliteratuur en geskiedenis om dit in ‘n nuwe en globale konteks op te voer.
CHIEF HIJANGUA
Die intrige van die opera is gebaseer op ‘n Namibiese verhaal wat oor vele geslagte heen mondelings oorgedra is.
In die artistieke konsep word die vier elemente: vuur, water, grond en lug as verstaanbare simboliek oor taal- en kultuurgrense heen gebruik. Dit handel oor ‘n Namibiese prins op ’n reis na selfontdekking. Die komposisies word opgevoer in Otjiherero en Duits – deur kunstenaars van Namibië, Suid-Afrika en Duitsland – die rolverdeling onafhanklik van velkleur. Dit vertel die verhaal van ‘n man wat deur die manipulasie van kolonialistiese magte sy eie verloor het en die lewensbestaan van sy mense vernietig het. Dit plaas kolonialisme en die nagevolge daarvan onder die vergrootglas.
Ongeveer 100 mense van beide lande werk saam om die produksie op die planke te bring.
Kim en Eslon se gekombineerde liefde vir klassieke musiek verhoog daagliks die afwagting rondom hierdie geskiedkundige gebeurtenis; die tyd stap nader en daarmee saam neem die druk ook toe om ‘n projek te laat realiseer wat ‘n gesofistikeerde voorstelling van die band tussen twee nasies is. Het jy al ooit van die uitdrukking “It takes a village” gehoor? Wel, die Opera Namibia-span is saamgestel uit bekwame individue wat in verskillende departemente werk, van komponiste en regisseurs tot die kreatiewe afdeling en produksie; en hulle streef almal daarna om iets te skep wat verwagtinge sal oortref.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie