Namibiese huldeblyk aan ’n Franse rock-ikoon

Yandi Du Plessis
Die produksie Remembering Johnny, ’n huldeblyk aan die Franse ikoon Johnny Hallyday, sal op 4 Augustus op die verhoog van die Nasionale Teater (NTN) te sien wees.

Jean-Philippe Leo Smet, beter bekend onder sy verhoognaam Johnny Hallyday, was ’n Franse rock- en popsanger en akteur, wat bekend staan as die man wat ruk-en-rol na Frankryk gebring het. Gedurende ’n loopbaan wat in die 1960’s begin het en oor 57 jaar strek, het hy 79 albums vrygestel, na raming 1 154 liedjies gesing en meer as 110 miljoen plate wêreldwyd verkoop. Hy is in 2017 aan kanker dood.

Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) se dansgroep gaan kragte saamsnoer met die gasdansers Le Clue en Simba Faycal, die veelsydige Sven-Eric Müller, die Hot Pocket Band (Imms Nicolau en vriende) en ’n koor bestaande uit 50 tieners om ’n skouspelagtige huldeblyk op die planke te bring.

Skryf die datum solank in jou dagboek – kaartjies is beskikbaar by www.webtickets.com.na. Die geleentheid is slegs vir een aand, so moenie jou kaartjie op die nippertjie bespreek nie!

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!