Namibiese visuele fynkuns (Deel 7)
Een positiewe aspek van die nuwe fynkunsbestel was dat daar ’n vrugbare onsekerheid ontstaan wat vrae oor verskeie kunskultuuropvattings begin vra het.
Euro-en Afrosentries word ’n warm onderwerp vir dialoog en debat. Nou kon die tradisies en gebruike van inheemse inwoners, voorheen ongeken en selfs ongewaardeer, ’n regmatige staanplek in die openbare arena kry. Aan die ander kant word alle waardes wat nie Afrosentries is nie as Eurosentries en onderdrukkend uitgekryt.
Eenvoudig gestel, is die waterskeiding tussen die twee opvattings die hantering van perspektief in ’n 2-D-kunswerk.
Die kaf waai verskeie kunstenaars deurmekaar en in die storm moes denkhernuwing kom ter bevryding van die weghol warrelwinde van Neo-Afro kolonisme vs Eurosentrisme.
Ongelukkig bring die nuwe vryheid nie goeie oordeel met insig by die seleksie van werke vir uitstallings nie. Dit veroorsaak dat werke wat ten beste toeriste-kuriositeite is, skouers skuur met gehaltewerk in prestige uitstallings soos wat die bi- en triënnale behoort te wees.
Die nuwe kolonialisme, Afrosentries gedrewe, is so gevaarlik omdat dit onverdiende status aan swak werke kan gee. Die gewilde erkenning wat sulke werke ontvang, skep ’n ryk teelaarde vir die aanhitsing van onvrugbare stagnasie.
’n Magdom afdrukke wat ’n geïdealiseerde tradisionele plattelandse dorpslewe, of beskeie lokasiekuns uitbeeld, verdring die kunsmark. Hierdie massa-werke spruit nie uit ’n diep kreatiewe fontein van ontroering nie en het, behalwe as versiering, min meriete.
Wantroue in baie organisasies en verenigings voor onafhanklikheid maak die bona fides van die destydse Kunsvereniging van Suidwes-Afrika verdag onder ontluikende kunstenaars.
’n Kontensieuse onderwerp en as onwaar afgemaak, bied dié gerugte impetus aan verenigings soos die Kunstenaarsgilde van Namibië (Artist Guild of Namibia) en die Pottebakkersvereniging van Namibië (Potters Association of Namibia – PAN).
Die Gilde oorleef vir ’n paar jaar en hou uitstallings van wisselende gehalte. Gebrekkige infrastruktuur veroorsaak te veel lekplekke en die Gilde se bootjie sink met sy ietwat vername kunstenaars aan boord.
PAN hou veel langer en vaar nog sterk dekades ná die millennium.
Die Visual Artist of Namibia (VAN) word uit die wrak van die Gilde herwin. Voor hul fatale windstilte spog VAN in 2007 met meer as 60 lede, wat kunstenaars en persone insluit wat in die plaaslike visuele kunste belangstel.
Van die swart gemeenskap is daar pogings om eksklusiewe verenigings te stig. Hulle het min skietgoed omdat daar in die breë gesien, selde teen kleur gediskrimineer was in die kunsgemeenskap. Die onkundige inisiatiewe vorder nie verder as die saaklike vermelding in persverklarings nie.
Al hierdie organisasies en probeerslae, Gilde, PAN, VAN, die Kunsvereniging voor en ná onafhanklikheid sowel as die wenspogings kwalifiseer nie as bewegings nie. Hulle funksioneer hoofsaaklik as lede van organisasies met konstitusies wat belange in die kunswêreld het.
Ná onafhanklikwording lê die fynkuns-oseaan kalm en besaai met moontlikhede soos toenemende kontak met ander Afrikalande. Kunstenaarswerkwinkels gebeur met die eerste ekskursie vir Namibië, Tulipamwe.
Hierdie grensverskuiwende inisiatief, gekonsipeer deur die Universiteit van Namibië se destydse Sentrum vir die Visuele en Opvoerende Kunste, se nasionale impak moet nog ten volle geëvalueer en waardeer word.
Die Tulipamwe-werkwinkels lui ook ’n era van kultuur-uitruilings in. Ongelukkig raak die weer al hoe meer ongurig en stortreën die uitruilings uit. Die laaste een spoel in 2009 in Okakarara weg.
(Onlangs het die byeenkomste egter weer herlewe.)
Is die lesse geleer in die verlede ter harte geneem? Lees deel 8, die laaste van die aflewerings.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie