Namibiërs stal uit in Grahamstad
Besin oor vryheid, versoening
Die kunsuitstalling getiteld We will be free is ’n gesamentlike projek tussen die StArt Art-galery, Nashilongweshipwe Mushaandja en Classic Framers in Makhanda.
We will be free open op 22 Junie by Classic Framers in Makhanda, Suid-Afrika – voorheen bekend as Grahamstad. Die deelnemende kunstenaars sluit in Nicky Marais, Tony Figueira, Fillipus Sheehama, Namafu Amutse, Elisia Nghidishange, Maria Mbereshu, Jakobina Gideon, Rachel Sakeus, Ndinomholo Ndilula, Vilho Nuumbala, Petrus Amuthenu en Anne Lacheiner-Kühn.
Vir dié groepuitstalling is verskeie Namibiese kunstenaars gevra om deur middel van hul onderskeie mediums te reageer op 'n gelyknamige liedjie, “We will be free”, deur Tschuku Tschuku' saam met Nesindano Namises van die album Trance !Namib Freedom Station.
Dié snit gaan oor die versoening na die pynlike verlede terwyl daar oor vryheid en die toekoms besin word.
“We will be free” is 'n verbeelding van wat dit beteken om vry van slawerny, ontheemding en onteiening te wees.
StArt Art werk saam met Namibië se ontluikende kontemporêre kunstenaars aan projekte wat bydra tot die groeiende argief van inligting wat vir navorsers, versamelaars en kunsentoesiaste beskikbaar is. Die galery is in 2017 in Windhoek gestig.
Nashilongweshipwe Mushaandja is 'n kultuurpraktisyn, opvoeder en skrywer met navorsingsbelangstellings in Afrika-gesentreerde opvoerings en openbare kultuur. Hy is in Windhoek, Namibië, gebaseer nadat hy sy PhD in studies van die uitvoerende kunste aan die Universiteit van Kaapstad voltooi het. Hy is die voorsitter van kuratorskap en navorsing by die Owela Live Arts Collective. Hy is ook die hoofsanger vir die bekroonde groep Tschuku Tschuku, wie se klanke hoofsaaklik onder die Afrobeat- en Afrojazz-genres val.
Classic Framers is 'n raamwerkwinkel en -galery in Makhanda. Dit is in 1997 gestig en is al 25 jaar lank 'n gesinsonderneming.
Die uitstalling sal in November 2023 weer in Windhoek aangebied word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie