Ndako skep kuns met tou, spykers
Die kunstenaar Ndako Nghipandulwa’s se eerste solo-uitstalling, Just Because, open vandag om 18:00 by die Project Room-galery.
Die ontluikende kunstenaar, wat bekend is vir sy kenmerkende styl en skeppings van tou en spykers, het die afgelope paar jaar gewildheid verwerf en sy werk is op 'n aantal platforms en groepuitstallings vertoon, waarvan die mees onlangse die Beijing Internasionale Kunsbiënnale was wat van Januarie tot Maart vanjaar gehou is.
“Ek glo ek het nou 'n beter idee van my konsep. Ek het baie meer struktuur in my werk begin sien, en dit is wat my die selfvertroue gegee het om hierdie solo-uitstalling aan te pak.”
Die uitstalling kan tot 5 November by The Project Room besigtig word. Die galery is in Lazarette Square in Julius Nyererestraat 30 in die hoofstad geleë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie