Neuras-wyne opgeveil vir natuurbewaring
Tydens ’n veiling van Neuras-wyne op 11 Oktober is N$265 000 ingesamel ten bate van die N/a’an ku sê-stigting se werk in omgewingsbewaring.
By die veilig is 20 eksklusiewe wyne wat by die bekende Neuras wyn- en wildlandgoed geproduseer is, opgeveil.
Beelde van Namibiese wild, soos leeus, gemsbokke en luiperds, is met ’n laser in die bottels gegraveer – ’n eerbetoon aan N/a’an ku sê se werk in natuurbewaring.
Neuras se wynmaker, Braam Gericke, sê: “Om in Namibië by ’n wynlandgoed in die woestyn te werk, het my weer laat verlief raak op wynmaak.”
Dr. Rudie van Vuuren sê dat N/a’an ku sê steeds verbind bly tot die doel wat hy van dag een af voor oë gehad het.
“Ons fokus is om verandering te bring vir volhoubaarheid in Afrika,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie