NTV-persoonlikheid van die week: Brian Munango
Die vurige jong joernalis en aanbieder Brian Munango is vuur en vlam om veelvuldige mediavaardighede op te doen
Na sewe maande by Namibia Media Holdings (NMH), sê hy hy is dankbaar om by die grootste mediahuis in die land te werk.
Munango se posbeskrywing behels onder meer dat hy as aanbieder vir Sports Wrap gesig wys, wat op NTV (DStv-kanaal 285 en GoTV-kanaal 94) uitgesaai word. Hy werk ook as inhoudmenger vir al My Zone (NMH se jeugafdeling) se programme.
“Behalwe om programme aan te bied en te redigeer, dra ek ook by tot die Careers-bylaag wat elke Vrydag in die dagblaaie verskyn,” vertel hy.
Oor wat hy die meeste geniet tussen aanbiederswerk en regie, het Munango gesê hy geniet albei en hy is dankbaar om ervaring in beide velde op te doen.
“Ek wil alles bemeester. Ek wil nie tot net een ding beperk word nie.”
GENIET DIE UITDAGING
Hy vertel hy het nie juis aspirasies gehad om in die mediabedryf te werk toe hy jonger was nie. Nadat hy gematrikuleer het, het Munango rekenaarwetenskap aan die Universiteit van Namibië (Unam) gaan studeer.
“Ná daardie kursus het ek Engels probeer studeer, maar ek het halfpad deur die kursus opgehou omdat ek dit nie uitdagend gevind het nie. Toe het ek verlede jaar gesien NMH is op soek na kadetjoernaliste.
“Ek het aansoek gedoen, en die res, soos hulle sê, is geskiedenis.”
Sy hoogtepunt tot dusver, het hy gesê, was om as sportjoernalis by groot sportbyeenkomste in die land te werk. Om by sulke groot geleenthede te werk het die beste in hom na vore gebring, vertel hy.
“Ek is mal oor die uitdaging wat daarmee gepaard gaan. Ek leer ook baie oor die werk wat ek doen en myself by hierdie soort geleenthede.”
STAP-VIR-STAP
Oor sy toekomsplanne het Munango gesê hy benader dit een tree op ‘n slag, en voeg by solank hy sy huidige werk na die beste van sy vermoë doen, is hy nie bekommerd oor die toekoms nie.
“Ek sê dit omdat die vaardighede wat ek nou opdoen, in die toekoms nuttig vir my sal wees,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg hy oorweeg dit om ‘n kursus in mediastudies te doen of om ‘n doktorsgraad in inligtingstegnologie (IT) aan te pak.
“Solank ek in die toekoms met rekenaars kan werk, sal ek gelukkig wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie