NTV-persoonlikheid van die week: Jamie-Lee Loss
Jong energie op die kassie
Ontmoet vir Jamie-Lee Loss, die borrelende aanbieder van My Zone se Generation C – ‘n program wat die kollig op jeugkwessies in Namibië plaas.
Jamie-Lee is deel van ‘n groep jong mediapraktisyns wat in 2022 by Namibia Media Holdings aangesluit het. Hier is haar storie.
Ten spyte van die feit dat sy nie naskoolse opleiding in die mediaveld ontvang het nie, kan mens nie ontken dat sy ‘n gesig en energie het wat vir die televisie bedoel is nie. Jamie-Lee, wat die taak het om My Zone se Generation C – ‘n program wat fokus op dié jeugbylaag – aan te bied, sê sy geniet dit om elke week met verskillende gaste oor jeugsake te gesels. Die program word elke Dinsdag om 14:00 op My Zone se sosialemediaplatforms uitgesaai, insluitend Instagram, Facebook en YouTube. Generation C word ook op DSTV-kanaal 285 en Gotv-kanaal 94 uitgesaai.
Sy studeer tans sakebestuur, ‘n kursus wat nie met haar daaglikse werk verband hou nie. Sy sien egter ‘n toekoms vir haarself in die mediabedryf, en oorweeg dit selfs om verder in hierdie rigting te studeer.
“Ek het eintlik nooit gedink ek sou ’n aanbieder wees nie, maar ek is in die diepkant ingegooi en ek moes swem. Dit is nie maklik nie, maar dis ‘n interessante werk. Dit is pret en ek leer elke dag nuwe dinge,” vertel sy.
Oor hoe sy aan die nuuskamer en die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan gewoond geraak het, sê Jamie-Lee beplanning het ‘n sleutelrol gespeel.
“Die nuuskamer is aanvanklik eintlik ‘n skrikwekkende plek, maar soos die dae verbygaan, vind jy ‘n roetine wat ‘n nuttige stuk gereedskap kan wees,” vertel sy.
Jamie-Lee vertel Generation C bestaan uit drie segmente: ‘n oorsig van die jeugkoerant, ‘n skoolhoekie en universiteits-“kletskamer”.
“In die skoolhoekie bespreek ons nuus van verskillende skole, terwyl ons in die universiteitskletskamer fokus op alle universiteitsverwante nuus, insluitend nuus van universiteite buite Namibiese grense.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie