NTV-persoonlikheid van die week: Jesse Jackson Kauraisa
Dokumenteer Namibiese sport vir toekomstige geslagte
Die gesoute joernalis en sport-entoesias neem ons deur sy besige program.
Jesse Jackson Kauraisa het nog altyd ’n liefde vir sport. As kind het hy gereeld saam met sy familie en vriende na sokkerwedstryde gaan kyk.
Kauraisa, wat nou as sportjoernalis en aanbieder by Namibian Sun werksaam is, het vertel sy reis as sportjoernalis het sowat 10 jaar gelede begin.
Sy pligte behels verslaggewing oor sportnuus en bydrae tot spesiale sport-invoegsels. Hy is ook ’n aanbieder vir Sport Wrap – ‘n daaglikse program wat om 15:30 op Namibian Media Holdings (NMH) se onderskeie Facebook-blaaie sowel as op NTV (DStv-kanaal 285) uitgesaai word.
“Ons het ‘n weeklikse sportbylaag en daaglikse sportbladsye waartoe ek bydra,” het hy vertel.
“Wat my rol as aanbieder betref, moet ek verskeie basisse dek soos ek die nuus versamel en aanbied. Ek wissel af met my kollega – wanneer ek die skryfwerk doen, bied sy die program aan en andersom,” het hy gesê.
Oor die oorgang van gedrukte media na aanbiederswerk, het Kauraisa erken dit was nie soseer maklik nie. Omdat hy uit die gedrukte era van joernalistiek kom, was dit veral vir hom ’n uitdaging, het hy gesê.
“Maar ek het die uitdaging aangepak en nou, elke keer as ek aanbied, pas ek aan en word ek baie meer selfversekerd en gemaklik voor die kamera.
“Dit gaan ook daaroor om aan jou taalvaardighede te slyp, want skryf en praat is twee verskillende dinge,” het Kauraisa bygevoeg.
BENOEMINGS EN TOEKENNINGS
Wanneer Kauraisa terugdink aan sommige van die hoogtepunte van sy loopbaan, noem hy dat hy bevoorreg was om van die grootste sportgebeure in die land te dek.
Hy vertel een van sy sterkste punte is sokkerpolitiek. “Ek het dit alles gedek. Ek is ook al by enkele geleenthede benoem vir sportjoernalis van die jaar. Ek het NMH se storie van die jaar gewen, en ek is internasionaal benoem,” sê hy trots.
Ten slotte het Kauraisa gesê die nalatenskap wat hy wil agterlaat wanneer hy hierdie beroep verlaat, is as ‘n joernalis wat hard gewerk het – nie vir roem of toekennings nie, maar om die nasie ingelig te hou.
Hy het beklemtoon dat hy nog nooit ‘n ander droom gehad het nie, behalwe om die oë en ore van die mense te wees om dié in magsposisies aanspreeklik te hou.
“Wat my werk betref, was ek nog altyd plat op die aarde en daarop gefokus om te doen wat gedoen moet word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie