Foto Instagram/@margietheorford
Foto Instagram/@margietheorford

Nuut op die rak: Love and Fury

Iréne-Mari van der Walt
Die Suid-Afrikaanse joernalis en skrywer wat in die suide van Namibië grootgeword het, Margie Orford, het die omslag van haar boek Love and Fury: a memoir gedeel.

Sy het geen detail verklap nie en het eenvoudig in die byskrif gesê die boek sal binnekort sy weg na die drukkers vind.

Orford is die skrywer van die Clare Hart-reeks wat handel oor die ervarings van ’n fiktiewe ondersoekende joernalis wat ’n profileerder geword het.

Sy het ook in September verlede jaar gesê haar roman The Wound That Never Heals is halfpad klaar. In hierdie roman is een van die hoofkarakters glo ’n Namibiër.

Orford het gesê dit is effens senutergend om oor ’n Namibiese karakter te skryf: “Ek is opgewonde en ’n bietjie senuweeagtig om hierdie karakter te skryf. . ., maar dit voel op ’n manier goed om terug na my wortels te keer.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!