No Image Caption

Nuut op die rak: Twa die Tydloper

Iréne-Mari van der Walt
“As julle soos ek is en julle hou van ’n storie oor ’n eksentrieke familie vol geheime, maar daar moenie lelike goed in wees nie, gaan julle mal wees oor my nuwe boek, Twa die Tydloper, wat in ’n dorre landskap afspeel met net sò ’n gesin,” deel die skrywer Anoeschka von Meck oor haar nuutste boek.

Die hoofkarakter van dié boek, Twalie, is die enigste dogter van die Albrechts-gesin. ’n Nama-vrou red haar uit ’n sandstorm en die vrou leer Twalie die geheime van Die Poort, waar die onmoontlike tydens die heuningmaan moontlik word. Die uitgewer Penguin Random House sê op sy webtuiste: “Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop. . .”

Kommentaar

Republikein 2025-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer