Nuwe begin vir Wolfshack
Die Wolfshack Restaurant en Kroeg het sy deure langs Onafhanklikheidsrylaan heropen in ’n gesamentlike poging met Stad Windhoek (CoW) om die sentrale sakegebied veiliger vir inwoners en toeriste te maak.
Wolfshack, wat voorheen in Macdamstraat in die suidelike nywerheidsgebied geleë was, se tuiste is nou by die Chelsea-kosarkade.
Die vorige eienaar van die O’Portuga Restaurant, Miguel Pinguinhas, het hierdie kosarkade aan die begin van die jaar hier gevestig met ’n verskeidenheid seekos, Mexikaanse en Portugese disse, asook ’n skemerkelkiekroeg.
Carmen Visagie, die eienaar van Wolfshack, sê sy beplan om ’n reeks geleenthede en tema-aande te hou.
“Die idee agter hierdie nuwe venue is om ’n gevoel te hê soos Kaapstad se middestad,” het sy gesê.
Verskeie veiligheidsmaatreëls, insluitend private sekuriteitswagte, ’n veilige parkeerterrein en sekuriteitskameras, is nou in plek.
“Ons sien onsself as ’n diverse onderneming wat mense van alle agtergronde verwelkom. Ons wil die middestad veiliger vir alle inwoners en toeriste maak,” het Visagie gesê.
Wolfshack se deure het kort voor die Covid-19-pandemie en die gepaardgaande regulasies in Namibië oopgemaak en moes skielik vir sewe maande sluit weens die pandemie. Daarna het erge vloede in Desember 2022 veroorsaak dat Wolfshack vir nog drie maande moes sluit vir opknappingswerk.
Met die skuif na die middestad hoop Visagie hulle kan ’n verskil aan die naglewe in die stad maak.
“Ons wil lewe na die middestad terugbring,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie