Pierneef se Namibiese skilderye ook op veiling

Yandi Du Plessis
Strauss & Co het besonderhede vir die J.H. Pierneef Close to Home-veiling – die derde uitgawe van die veilingshuis se jaarlikse veiling gewy aan hierdie kunstenaar wat beskryf word as Suid-Afrika se vooraanstaande landskapskilder.

Twee van sy skilderye van Namibiese landskappe is ook deel van dié veiling.

Die veiling word in-persoon sowel as virtueel aangebied en bevat 57 kunswerke wat verteenwoordigend is van die vele fasette van Pierneef se wonderlike loopbaan. Die veiling vind vandag by Strauss & Co se veilingsaal in Johannesburg plaas.

Pierneef het in 1923 ’n lewensveranderende reis na die destydse Suidwes-Afrika onderneem. Die oënskynlik eindelose horisonne, die gevoel van isolasie, die verweerde en mooi veld, en die unieke lig – bowenal – het hom ontroer. Tydens hierdie eerste besoek, en gedurende die tweede een die volgende jaar, het hy onophoudelik gereis en geskets en vinjette gemaak vir latere linosneë en ateljeeskilderye.

Die skildery “Okahandja” sal na verwagting vir tussen N$35 000 en N$45 000 verkoop word, terwyl “Miershope S.W.A.” waarskynik tussen N$25 000 en N$35 000 sal haal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!