Foto Facebook/ Lukas - an OYO DVD
Foto Facebook/ Lukas - an OYO DVD

Plaaslike fliek op VSA se grootskerm

Iréne-Mari van der Walt
Lukas, ’n Ombetja Yehinga (OYO)-film, is gekies om in die Verenigde State van Amerika (VSA) by die Black Film Summit vertoon te word. Dié rolprentfees het ten doel om ’n welkome atmosfeer te skep waar filmmakers en -liefhebbers in die Pan-Afrika-diaspora bymekaar kan kom en flieks kan geniet asook konstruktiewe gesprekke voer.

Die fliek het op 1 Februarie sy debuut op die silwerskerm by ’n swierige première gemaak en sy debuutweek vanaf 8 Februarie by Ster-Kinekor-teaters geniet.

Die fliek fokus op haweloosheid in Namibië deur die oë van sy fiktiewe hoofkarakter, Lukas. Sy lewe word oor ’n tydperk van 15 jaar onder ’n vergrootglas geplaas.

Hierdie verwerking van die draaiboek deur Mikiros Garoes, soos geredigeer deur Philippe Talavera, het ná sy debuut goeie terugvoer van bekende persoonlikhede ontvang.

Die sangeres Lize Ehlers het op sosiale media gesê: “My hart is so seer dat hierdie die realiteit is vir so baie kinders in Namibië en die wêreld – blootgestel aan die gruwels en onmenslike toestande. Ons moet hierdie gesprekke begin.”

Ehlers het self ’n klein rol in die film saam met die plaaslike persoonlikhede Adriano Visagie, Armas Shivute en Sven-Eric Muller vertolk.

Die minister van justisie, Yvonne Dausab, asook die Duitse ambassadeur in Namibië, Thorsten Hutter, het die première bygewoon.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!