Plaaslike fliek skyn soeklig op uitbuiting
“Ek sou nie sê ek was onder druk nie, maar ek het die begeerte gehad om by meer speelprente (feature films) betrokke te raak. Jy is net so goed soos jou laaste werk. Ek moes net weer aan myself bewys dat ek weer eens kon bydra om die geskiedenis te kan herskryf.
“Dit is nie ’n maklike fliek om te maak nie, maar dit is die aantrekkingskrag; dit is die grootste motivering,” sê die bekroonde regisseur van Hairareb, Oshoveli Shipoh, oor sy nuutste projek, Swim Against The Tide.
Die fliek se eerste lokprent is Vrydag vrygestel en handel oor ’n man wat sy voormalige werkgewers aanvat nadat hy onregmatig afgedank is. Wanneer hy dieper delf, ontdek hy inligting wat sy voormalige werkgewers op die oorlogspad stuur.
“Ons lewe in ’n samelewing waar die meerderheid ly aan die hande van diegene wat hulle nie waardeer nie en dié wie se menswaardigheid altyd in ’n ‘grysarea’ gehou word. Van hulle weet nie hoe om vir hulself op te staan nie, of glo nie in hulle eie waarde nie. Met hierdie fliek wil ons ’n lig op daardie kwessies skyn,” het hy gesê oor die onderwerp van die fliek.
Die fliek se draaiboek was glo vir die span agter die skerms ’n uitdaging.
“Om enige maatskaplike kwessie waarmee mense hulself kan vereenselwig in ’n roerende en inspirerende storie te omskep wat nie ’n cliché is nie, is ’n uitdaging,” het Shipoh gesê.
Swim Against The Tide se lokprent kan op YouTube gekyk word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie