SA se 'Lonely Troebadoer' eersdaags in Namibië

'Ek het my hart onder die sterre verloor'
Iréne-Mari van der Walt
Die Suid-Afrikaanse liedjieboer Gian Groen sê hy het sy hart onder die Namibiese naghemel verloor.

Hy deel op Vrydag 31 Mei en Saterdag 1 Junie die verhoog met die plaaslike musikant Riaan Smit by The Village Garden in Windhoek en Sound Garden in Swakopmund.

“Namibië lê my na aan die hart,” sê hy.

“Ek het my hart onder die sterre verloor,” sê Gian, wat sê sy liedjie “Namib Woestyn” is oor Namibië en al sy prag.

Hy sê die eenvoud van die lewe in Namibië en sy mense het hom aangegryp.

“Die mense het nog nooit slegte ‘vibes’ gehad nie,” sê hy.

Gian sou Riaan egter nie in Namibië leer ken nie, maar by ’n musiekgeleentheid naby Grabouw, waar Gian tans woon.

Hy vertel dat hy daardie naweek Riaan se hart vir sy medemens raakgesien het.

“My dogter is ’n baie groot fan en wou hom baie graag sien optree. Hy sou eers laat daardie aand optree, maar sy wou wag.

“Sy het later moeg geraak en besluit sy wil huis toe gaan, maar was teleurgesteld dat sy hom nie kon sien nie. Hy het haar eenkant toe geneem en vir haar ’n private show vir 15 minute gegee en ek het soveel respek vir hom gekry,” sê Gian.

Toe sy dogter die volgende oggend wakker word, was die eerste ding wat sy wou weet of Riaan nog daar is. Sy het toe haar ukelele na hom toe geneem en Riaan het dit vir haar geteken.

“Dit is een van haar kosbaarste besittings,” sê Gian.

“Hy luister regtig wanneer jy praat. . . dit voel asof ek hom [Riaan] al baie jare ken,” sê Gian, wat vir die eerste keer sedert die uitbreking van die Covid-19-pandemie in Namibië gaan optree.

Hy is tans besig om sy hele katalogus weer op te neem.

“Ek wil vir hulle nuwe baadjies aantrek, sodat dit klink asof almal in dieselfde ateljee opgeneem is,” sê Gian.

Die nuwe opnames van sy bekende liedjies sal op stromingsplatforms beskikbaar gestel word.

Gian toets ook tans die water met ’n hoofrol in ’n rolprent saam met die bekroonde Suid-Afrikaanse aktrise, Barbara-Marie Immelman.

Hy is ook ’n vermaaklikheidskoördineerder vir die Simonsvlei-wynlandgoed.

Hy sê egter dat die impak van die Covid-19-pandemie eers onlangs nie meer by kunstenaars spook nie.

“Met die lockdown moes ons buite die boks dink. Almal het gedink ons ??kan so baie nuwe liedjies skryf, maar as jy sukkel om brood op die tafel te sit, dink jy nie daaraan om liedjies te skryf nie,” sê Gian, wat 82 optredes weens die pandemie moes kanselleer.

Toe hy self Covid-19 gekry het, het Gian wel ’n liedjie oor sy ervaring geskryf. Die liedjie is sy nuutste treffer, Lonely Troebadoer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!