Sagarias Tsam tree Augustus in Switzerland op

Iréne-Mari van der Walt
Die musikant Sagarias Tsam hou einde Augustus sy eerste oorsese optrede ooit in Switserland.

Sy unieke vermenging van die Nama-taal met blues-klanke het die eerste keer Namibiërs se aandag in 2020 getrek met die bekendstelling van sy eerste oorspronklike enkelsnit, Nâma he ta ge hâ.

“Dis ’n bietjie oorweldigend, maar dis wonderlik; ek kan dit nie beskryf nie,” het hy aan Kollig gesê.

Sagarias tree op 31 Augustus saam met sy orkes in Switserland op nadat hy op 29 Augustus ’n solo-optrede as deel van die Redida-kultuurweek in Sion, Switserland, uitgevoer het.

Mike Lichtman sal gasheer speel tydens sy tyd in Switzerland. Sagarias sê ook dit is Mike wat dit vir hom moontlik gemaak het om hierdie optredes te hou.

Dié twee musiekliefhebbers het mekaar by die Young Ones-musiekwinkel in Swakopmund ontmoet, waar Sagarias in daardie stadium gewerk het.

“Ons het mekaar mettertyd leer ken. Dit het eintlik lank geneem voordat ons regtig goeie vriende geword het,” sê Sagarias oor hul vriendskap.

Toe Sagarias by ’n ander musiekwinkel, Mars Music, begin werk het, het Mike steeds by die winkel kom aanklop en geselsies met Sagarias aangeknoop.

Gedurende hierdie tyd het Sagarias vir die eerste keer een van Mike se optredes bygewoon.

“Sy styl was iets wat ek nog nooit vantevore gesien het nie,” onthou Sagarias.

“Hy is ’n goeie mens, hy het ’n goeie hart vir mense,” sê Sagarias.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!