Skone Chani groet Namibië binnekort
Die 25-jarige Namibiese skoonheid en Mej. Supranasionaal-titelhouer, Chanique (Chani) Rabe, is beslis baie meer as net 'n mooi gesiggie.
Chani is tans besig om die wêreld plat te reis vir die Mej. Supranational-kompetisie voor sy in Julie vanjaar haar kroon aan haar opvolger in Pole oorhandig.
Hierdie dinamiese dame, gebore en getoë in Windhoek, het nie net haar visier op modelwerk nie. Sy is ook ’n modeontwerper en betrokke by haar eie liefdadigheidsorganisasie.
Sy word nou eksklusief deur die vermaaklikheidsagentskap CO Productions verteenwoordig en kan bespreek word as seremoniemeester, beoordelaar, TV-aanbieder en motiveringspreker. Chani verhuis ook permanent na Pretoria in Suid-Afrika na afloop van die kroonoorhandiging en sien uit na die nuwe hoofstuk wat voorlê.
Sy het vroeër vanjaar dié fotosessie met Nina Zimolong Photography by Spitzkoppe onderneem in die rok waarin sy verlede jaar as Mej. Supranasionaal in Pole gekroon is.
“Hierdie couture-skepping verteenwoordig vir my soveel dinge. Dit is elegant en eenvoudig, totdat dit noukeurig beskou word en ‘n wêreld van pragtige, ingewikkelde detail ontdek word. Dit verteenwoordig wie ek is. Dit verteenwoordig my pure geluk en trots om die Mej. Supranasionaal-kroon te dra. Die belangrikste is dat hierdie rok my land verteenwoordig – veral hoe Namibië bekend is vir van die wêreld se beste diamante wat hiervandaan kom.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie