Skop jou skoene uit by die Biltongfees
Almal wat nié die afgelope tyd onder ’n klip woon nie, weet die immergewilde Biltongfees vind weer môre by die Trustco United-sportgronde in die hoofstad plaas.
Afgesien van stalletjies met hope smullekker biltong en ander vleissnitte, sal feesgangers ook onder andere vermaak word deur die Mej. Biltongfees-kompetisies, ’n boerboelskou en die Dignity Run en Crossfit-kompetisie vir die fiksheidsentoesiaste.
Een van die fees se grootste trekpleisters, behalwe natuurlik almal se gunsteling-vleishappie, is die sangtalent wat feesgangers se voete laat jeuk. Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Leah en Franja du Plessis, asook die vleispaleis-trio Jan Jan Jan, sal vanjaar op die verhoog te sien wees. Daarbenewens sal die plaaslike klanke van Jacob & Taylor en Haak en Steek ook vir ’n lekker atmosfeer sorg.
Ons leer die mense agter die musiek ken.
FRANJA DU PLESSIS
Franja is die dogter van Namibië se eie Juanita du Plessis, wat geen bekendstelling nodig het nie. Hoewel sy in Suid-Afrika grootgeword het, is dié sangeres, liedjieskrywer en aktrise self in Windhoek gebore. Dit maak sin om te sê musiek is in haar bloed, en van skooljare af het sy aan sang- en talentkompetisies en ander geleenthede deelgeneem.
Franja het al oraloor die buurland opgetree en was al in groot produksies soos Afrikaans is Groot en Gospel Skouspel te sien.
Sy was ook te sien in die fliek As jy sing en vertolk een van die hoofrolle van Marna de Jager. Sy het die liedjie “In twee geskeur” spesiaal vir die fliek geskryf.
Sy het ook al verskeie liedjies vir haar bekende ma neergepen.
Franja het musiek en produksie aan die Berkley Universiteit van Kalifornië gestudeer.
Haar debuutalbum My Verhaal is op 24 Junie 2016 vrygestel en haar tweede album Hittegolf het in September 2018 die lig gesien met 13 splinternuwe liedjies, wat sy alles self geskryf het.
Sy beskryf haar benadering tot musiek as “skaam, dog eerlik”.
LEAH
Leah het die Afrikaanse musiekbedryf stormgeloop met haar debuutalbum en vinnig volksbesit geword. Met treffers soos “Met Jou Klere Aan” en “Volmaan” het sy almal oorrompel – jonk en oud.
Met haar toetreding tot die musiekbedryf was haar naam op almal se lippe en haar debuutalbum, Wonderwerk, spog met goue status vir verkope.
Wonderwerk het ook vir Leah verskeie toekennings en nominasies besorg, soos Nuweling van die Jaar by die Ghoema Toekennings. Sy is ook benoem vir Liedjie van die Jaar, Kontemporêre Album van die Jaar en Vroulike Kunstenaar van die Jaar. By die Huisgenoot Tempo Toekennings het sy drie toekennings ingepalm vir Nuweling van die Jaar, Musiekvideo van die Jaar en Liedjie van die Jaar vir “Met Jou Klere Aan”.
Na dié sukses het sy ook ‘n trefferduet getiteld “Nooit Alleen” saam met Jo Black uitgereik wat ook die temalied vir die fliek Susters was, waarin sy ‘n hoofrol vertolk het. Haar funky treffer saam met Kurt Darren en Snotkop, “Selfie Song”, is ook ‘n lekker tong-in-die-kies liedjie wat die voete laat jeuk.
Party sal haar ook herken as die aanbieder van twee jaar van kykNET se gewilde Boer Soek ‘n Vrou-reeks, waar sy boere gehelp het in hul soeke na liefde
Behalwe vir drie albums agter haar naam, is Leah ook gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom-graad agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met haar pa se gunstelingdeuntjies.
JAN JAN JAN
Wat in 2019 begin het as ’n veldtog om die Boerboel Wear-klerereeks te bemark, het vinnig ontpop in Suid-Afrika se eerste amptelike “Boere-boyband” – een waarvan veral Afrikaanse musiekliefhebbers nie genoeg kan kry nie.
Die groep Jan Jan Jan se eerste enkelsnit, “Wys jou vleis”, is laat in 2019 uitgereik en het kort voor lank meer as 250 000 trefslae op YouTube gehad. Dié musiekvideo is intussen al meer as sewe miljoen keer gekyk.
Sedertdien het hulle diep in Afrikaanse luisteraars se harte ingekruip met hulle stywe broekies, tweekleurhemde en lekkerluisterliedjies.
Die Janne het saamgetrek nadat ‘n foto van hulle as modelle in die Boerboel-klerereeks se bemarkingsveldtog in 2019 soos ’n veldbrand in die sosiale media versprei het en mense gevra is om met ’n naam vir dié “boyband” vorendag te kom. Van ’n musiekgroep was daar aanvanklik g’n sprake nie, maar hul deuntjie het vinnig verander en die oorspronklike drie Janne in die groep – Jaco Pitzer (bekend as FrisJan), Riaan Venter (LangJan) en Heinrich Rautenbach (KleinJan) – het saam begin optree. Pitzer is intussen vervang deur Dulan Emslie, ofte wel MooiJan.
Hulle enkelsnitte sluit in “Gooi mielies”, “Ek bly ’n boer”, “Die RSA is in my DNA” en “Two-Tone Lyf” wat onlangs uitgereik is.
JACO (GRAPPI) CLAASSENS
Almal ken hom as Grappi, maar natuurlik is dit nie sy regte naam nie. Jaco Claassens vertel hy het dié noemnaam gekry omdat hy dinge nooit ernstig opgeneem het nie. Jaco is ‘n musikant, reisentoesias en musiekonderwyser.
Aan die begin van sy musiekloopbaan het hy gereeld in kroeë en op verhoë oraloor die wêreld opgetree om sy stem in die musiekbedryf dik te maak. Ná baie jare in die bedryf en vele naamveranderinge staan hy ook bekend as Jacob & Taylor.
“Ek is Jacob en my kitaar is Taylor. Ons het ‘n baie maklike, organiese musiekstyl. Ons kan enige liedjie vat wat jy wil hoor, en ek bedoel regtig enigiets, en dit so sing dat jy jou ore sal aanbid. Ek en Taylor beskou onsself as blues-, rock- en folkkunstenaars. Dit is die goed wat my hart laat klop, en die goed wat vir Taylor laat hop,” het hy destyds in ’n onderhoud met Kollig gesê.
Jaco het geen formele musiekonderrig gehad nie, en speel op gehoor.
HAAK EN STEEK
Die groep Haak en Steek is sowat sewe jaar gelede gevorm. Hulle het oorspronklik uit vier lede bestaan, maar hulle moes intussen al twee lede aan die dood afstaan.
Die groep gaan nou vir die eerste keer as ’n duo by die Biltongfees optree, en sien baie uit na dié debuut.
Hulle speel enige musiek – van country tot rock in Afrikaans, Engels en Duits. Tiaan Loubser, een van die groeplede, vertel hulle is basies die “house band” by die fees. Behalwe vir hul vaste optreetyd, sal hy en Staal Engelbrecht ook tussendeur, wanneer niks aangaan nie, op die verhoog spring om die gehoor te vermaak. Loubser sal ook as die fees se seremoniemeester optree.
Feeskaartjies is nog beskikbaar, so maak seker jy kry joune by www.eticket.my.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie