Skryf dit in jou dagboek
ELKE WEEK
*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.
*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7.
NOU AAN DIE GANG
*Seeds of the future lie buried in the past, ‘n versameling sketse deur Dewald Veldsman, word tot 12 Mei by die Bellhaus Atelier & Galerie uitgestal. Vir meer inligting, kontak [email protected] or 081 403 6682.
*Die Everyday Life-uitstalling kan tot 4 Junie by die Nasionale Galery (NAGN) se boonste gallery besigtig word.
VANDAG
*Die Suid-Afrikaanse sangpaartjie Wynand en Cheree tree om 19:00 by Pro-Ed Akademie in Swakopmund op ten bate van die Huis Maerua-kinderhuis. Kaartjies kos tussen N$75 en N$150 en is via webtickets.com.na beskikbaar.
*Die Trio Feminale skop hul 2022 Konserttoer by die Otjiwarongo-krokodilplaas af. Die optrede begin om 19:00 en kaartjies kos N$80. Vir meer inligitng, kontak Susann Kinghorn by 081 253 8850.
*Die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) bied vanaf 19:00 “akoestiese Vrydag” saam met die musikant Zikii aan. Kaartjies is vooraf teen N$60 en teen N$80 by die deure beskikbaar. Acoustic Friday-geleenthede vind elke laaste Vrydag van die maand plaas.
*’n Fondsinsamelingskonsert vir Vanessa Grimbeek, ‘n jong inwoner van Swakopmund wie se hande in ‘n fratsongeluk gebrand is, word by die Cosdef Arts and Crafts Centre aangebied. Kaartjies kos N$50 vooraf of N$80 by die deure en die geleentheid begin om 19:00. Kontak Ryno by 081 302 1722 vir besprekings.
*Do You Hear Us Now - ‘n multimedia-uitstalling deur die Kongolese kunstenaar Genese Siuna wat lig werp op die uitbuiting van kinders in die DRK deur die mynbedryf, en die burgermaggroepe wat hulle dwing om kindersoldate te word – open vanaand om 19:00 by Café Prestige. Die bekendstellingsgeleentheid duur tot 21:00 en toegang is gratis. Die uitstalling is oop vir die publiek en duur tot Dinsdag, 31 Mei.
*Met die winterseisoen om die draai, is dit die perfekte tyd vir ‘n wynproesessie by The Wine Bar & Wine Shop. Die geleentheid begin om 18:00 en toegang is N$120 per persoon. Besprekings is noodsaaklik. Kontak Irvine by [email protected] of 061 226 514 vir besprekings of navrae.
MôRE
*Racing the Planet bied die Namib Race tot 7 Mei aan. Vir meer inligting, besoek www.racingtheplanet.com/namibrace.
*Die volgende Secret Sunrise-sessie word vanaf 06:30 by die Lemon Tree Café (voorheen Vintage) in Lutherstraat aangebied. Kaartjies is teen N$100 via webtickets.com.na beskikbaar. Die volgende sessie is op 2 Mei.
*Die immergewilde Windhoek Boeremark vind vanaf 08:00 tot 13:00 by die Windhoek Skougronde plaas. Toegang beloop N$5 vir volwassenes, en is gratis vir pensioenarisse en kinders. Vir meer inligting, kontak Esme by 081 277 8677 of [email protected]. Ander skoudatums is op 4 Junie, 2 Julie, 30 Julie, 3 September, 8 Oktober, 29 Oktober, 3 Desember en 10 Desember.
*Die Rehoboth Lions Club boeremark en Pic & Print begin om 08:00. Stalletjies kan teen N$50 bespreek word. Kontak 081 445 7934 of 081 226 1738 vir meer inligting.
*Die Suid-Afrikaanse sangeres Zahara se Africa Encounter-konsert begin om 12:00 by die Doc Jubber-hokkieveld in Windhoek. Gewone kaartjies kos N$200 en BBP-kaartjies N$380; en is beskikbaar via Webtickets.com.na
*Die Dunes Market word vanaf 15:00 tot 22:00 by Avani in die hoofstad aangebied. Geniet al jou gunsteling Dunes-geregte, plaaslike drankies en lewendige vermaak.
*Sluit vanaf 16:00 by Bush Bar aan vir ‘n gesinspretdag, met ‘n springkasteel vir die jongklomp en vermaak deur Alinda Lu'Mar.
*Internasionale Jazzdag word by die Frans-Namibiese Kultuursentrum gevier, met die Thetardius Brass Band en die Sisonke Xonti-kwintet wat vanaf 17:00 optree. Toegang is gratis.
5 MEI
Donderdag 5 Mei
*Die Skeleton Coast Rally skop af by die Swakopmund Sokkerklub, met hope geleenthede, insluitend ‘n motorfietsparade op Vrydag, 6 Mei, om 10:30 vanaf Swakopmund na Walvisbaai. Die geleentheid duur tot Saterdag om 19:00 wanneer die prysuitdeling plaasvind. Vir meer inligting en registrasies, besoek www.skeletoncoastrally.com.
6 MEI
*Die Namibiese Bierfees met minstens 18 verskillende plaaslike biere, vind tot 7 Mei by die Windhoek-skougronde plaas. Verskeie bands sal musiekvermaak verskaf, feesgangers sal kan kies en keur tussen kwaliteit kosstalletjies sal byderhand wees, daar sal ‘n lewendige bierbrouvertoning wees en nog vele meer. Meer inligting sal binnekort beskikbaar wees.
7 MEI
*MTC We Race Together – ‘n afloswedloop wat Namibiese persoonlikhede saam in spanne plaas - vind by vanaf 14:00 by die Independence-stadion plaas. Gewone kaartjies is teen N$30 en BBP-kaartjies teen N$300 via webtickets.com.na beskikbaar.
*Die Suid-Afrikaanse komediant Radio Raps sal die gehoor vanaf 19:00 by die Windhoek Buiteklub laat skater. Kaartjies beloop N$250 via webtickets.com.na.
12 & 13 MEI
*Die Suid-Afrikaanse pianis Rocco de Villiers tree om 19:00 by Godenfang in Walvisbaai op. Kaartjies kos N$300 per persoon, wat ‘n verwelkomingsdrankie en ligte versnaperinge insluit. Vir kaartjies en inligting, kontak 081 719 8981.
14 MEI
*Die jaarlikse Bank Windhoek-aflosresies begin om 07:00 by die Action Arena in Windhoek en eindig die volgende dag (15 Mei). Deelname beloop N$620 per span. Alle opbrengste is ten bate van gaan vir hongersnoodvoorkomingsinisiatiewe in Namibië. Enige navrae kan aan [email protected] gerig word.
*Die Finkenstein Bush Market begin om 08:00 en duur tot 13:00. Rig enige navrae aan [email protected]. Die 4- en 8 km pretdraf (trail run), geborg deur Clausthaler, begin om 08:30 (registrasie om 07:30). Rig navrae aan [email protected].
*The Shed (30 km buite Windhoek op die lughawepad) is weer volstoom aan die gang, met hope tuisgemaakte lekkernye, kos, gratis toegang, baie sitplek en veilige parkering. Die pret begin Saterdag om 09:00 en duur Sondag van 09:00 tot 15:00 voort. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na [email protected].
*Rocco de Villiers tree vanaf 19:00 by die Lemon Tree-restaurant op ten bate van die Oude Rust/ Schanzen Oord-aftreeoord. Kaartjies is teen N$200 by Lemon Tree beskikbaar. Etes en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kontak Marcha by 081 288 2886 vir navrae.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie