Skryf dit in jou dagboek

ELKE WEEK

*Elke Saterdag tussen 07:00 en 12:00 word die Bio-Markt/Green Market by die Stephanus-kerk in Dr Kenneth Kaundastraat aangebied.

*Geniet elke Sondag koffie en koek by Farm Krumhuk. Dit kos N$80 vir volwassenes en sluit 2 stukke koek en “bottomless” koffie of tee in. Toegang vir kinders onder 6 is halfprys. Vir meer inligting, kontak 061 233 645. Besprekings is noodsaaklik vir groepe groter as 7.

NOU AAN DIE GANG

* The Power of Love, 'n versameling van beeldhouwerke deur die Zimbabwiese kunstenaar Kudzanai Katerere, word tot 14 Julie by die Bellhaus Atelier and Galerie (Bellstraat 18) in Windhoek uitgestal.

*Narrating Namibia, ’n uitstalling van 13 plakkate met stellings deur 13 skrywers, kan tot 20 Junie by die Swakopmund Museum besigtig word.

*Die groepuitstalling Let Every Scale Count, wat die noodsaaklike rol ondersoek wat die kunste in die bewaring van ietermago’s speel, kan tot die einde van die maand by die Namibiese Kunsvereniging (Robert Mugabe-rylaan 122) besigtig word.

VANDAG

*Die Trixie Munyama School of Dance tree om 18:00 by die Frans-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) op. Kaartjies kos N$90 vir volwassenes en N$60 vir kinders.

*Die Legendariese Suid-Afrikaanse blues-sanger en rockkitaarspeler Albert Frost tree vanaf 19:00 by Sound Garden in Swakopmund op, met sy Namibiese eweknie Riaan Smit wat vir hom open. Kaartjies is teen N$180 via webtickets.com.na beskikbaar.

MôRE

*Die SPES-prefdraf vir liefdadigheid (30-, 15- en 4 km-fietsry; 5- of 10 km-draf) vind vanaf 08:00 by IJG Trails in Windhoek plaas. Die inskrywingsfooi beloop N$40 vir kinders (10 tot 18 jaar) en N$60 vir volwassenes. Rig alle navrae aan [email protected] of 081 306 6311.

*Sluit om 08:00 aan by die volgende begeleide toer in die botaniese tuin (Orbanstraat) in Windhoek wat deur die Botaniese Vereniging aangebied word. Boeke, T-hemde en kaartjies sal te koop en verversings sal beskikbaar wees. Ten spyte van die koue is daar altyd iets interessants om in die tuin te sien. Kontak 081 248 7362 of [email protected] vir meer inligting.

*In vandeesmaand se uitgawe van Virtually Yours lei Edwige Dro die aanlyn gesprek met die skrywer Ibrahim El Khalil Diallo, die wenner van die Ahmed Baba-prys in 2021 en finalis vir die 2021-Kourouma-prys 2021. Deelname aan dié sessie is gratis en dit begin om 19:00.

SONDAG:

*Die blues-duo Albert Frost en Riaan Smit tree vanaf 12:00 by Droombos in Windhoek op. Kaartjies kos N$180 via webtickets.com.na.

*Rock the Bay met The Ell's en Laramon Tours vertrek om 14:00 vanaf die Walvisbaai-hawe. Kaartjies kos tussen N$350 en N$850 via webtickets.com.na.

17 JUNIE

*Die #JusticeForAnimals & CrossFit-uitdaging skop om 10:00 by die Hage Geingob-stadion af, met vermaak deur Riaan Smit, Jacob & Taylor en Half Jack, pret vir die kinders en verskeie stalletjies om te besoek. Die pret duur Saterdag (18de) voort. Kaartjies kos tussen N$80 en N$150 via webtickets.com.na.

18 JUNIE

*Die Lightning Road-pretdraf vind by die IJG-roetes by Farm Windhoek plaas. Rig navrae aan [email protected].

*Ontmoet die Suid-Afrikaanse motiveringspreker en ster van Binnelanders, Cindy Swanepoel, by Lemon Tree in Windhoek, waar sy sal praat oor dankbaarheid en nuwe geleenthede. Kaartjies kos N$180 en daar sal ’n kontantkroeg en verversings beskikbaar wees. Die praatjie begin om 10:00. Kontak 081 288 2886 vir kaartjies of meer inligting.

*Sluit vanaf 10:00 aan by die MTC Dome in Swakopmund vir gesinspret in “Frühschoppen”-styl - met die bier-, wyn- en kaasproe, terwyl kinders hul eie pizza kan voorberei. Kaartjies beloop tussen N$60 en N$120 via webtickets.com.na.

*Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO)-dansgeselskap bied vanaf 14:00 tot 16:00 hul eerste dansslypskool by die FNCC aan. Toegang is gratis.

24 JUNIE

*‘n Fondsinsamelingsgaladinee ter ondersteuning van SOS Children's Villages in Namibië vind by die Safari Hotel plaas. Kaartjies kos N$10 000 vir ‘n tafel van 10, of N$500 vir individuele kaartjies. Kontak 061 222 457 of [email protected] vir meer inligting.

25 JUNIE

*Die vyfde sessie van die Gravel & Dirt MTB & Run vind vanaf 08:00 by Okajo Safari Lodge (naby Wilhelmstal) plaas. Besoek https://rockandrut.org/contact/ vir meer inligting.

*Wêreldmusiekdag word vanaf 11:00 tot 17:00 by die FNCC gevier, met verskeie musikante wat optree. Toegang is gratis.

30 JUNIE

*Die MTC Wine Extravaganza begin om 16:00 by die Windhoek Buiteklub, en duur tot 2 Julie. Kaartjies is teen N$150 via webtickets.com.na beskikbaar.

*Dié maand se uitgawe van die Comedy Club by die FNCC word deur die plaaslike komediant Big Mitch aangebied. Kaartjies is vooraf teen N$70 of teen N$100 by die deure beskikbaar.

KüSKA-KARNAVAL 2022 (SWAKOPMUND)

*17 Junie: Prinzenball. Kaartjies: N$200

*18 Junie: Küskika. Kaartjies: N$50 vir volwassenes, N$30 vir kinders (gratis as hulle ’n kostuum aanhet)

*20 Junie: Damenabend. Kaartjies: N$180

*21 Junie: Eerste internasionale aand. Kaartjies: N$200

*22 Junie: Tweede internasionale aand. Kaartjies: N$200

*23 Junie: Eerste Büttenabend. Kaartjies: N$200

*24 Junie: Tweede Büttenabend. Kaartjies: N$200

*25 Junie om 11:11: Strassenumzug, begin by AMH, eindig by SFC

*25 Junie om 12:30: Kehraus by SFC. Kaartjies: N$50 vir volwassenes en N$10 vir kinders ouer as 12

Kaartjies is beskikbaar by Mutts & Mules (081 242 6650). Aandete is by alle geleenthede beskikbaar.

Tensy anders vermeld, vind geleenthede by die Haus der Jugend plaas. Deure open om 19:00 vir 20:11.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!