• Tuisblad
  • Kollig
  • Strauss & Co bied eksklusiewe wynbrandewynveiling aan

Strauss & Co bied eksklusiewe wynbrandewynveiling aan

Kristien Kruger
Die afslaer Strauss & Co bied belangstellendes die geleentheid om skaars, verouderde Kaapse wynbrandewyne (fine brandy) van Suid-Afrika se grootste distilleerders aanlyn te koop.

Sy wynbrandewynveiling het Woensdag afgeskop en duur tot 18 November.

“Die vate is sowat twee dekades en ouer en is spesifiek vir Strauss & Co gebottel met elke vat wat minder as 300 bottels bevat,” het die senior wynspesialis, Roland Peens, gesê.

Volgens Peens sal vate van Boplaas, Kaapzicht, KWV, Joseph Barry, Sydney Back en Van Ryn’s in verskillende lotgroottes opgeveil word om beide kommersiële en private bieërs te akkommodeer.

Strauss & Co het ’n vennootskap met brandewynkenner en ambassadeur van die Suid-Afrikaanse Brandewynvereniging, Shane Mumba, aangegaan.

“Die samewerking is ’n uitstekende geleentheid vir versamelaars om skaars, unieke en uiters beperkte enkelvat Potstill-brandewyne in die hande te kry.

“Hulle is ook baie lekker en is dalk in groter sarsies gemeng, maar nou is hulle vir geslagte wat kom in bottels toegesluit,” het ’n entoesiastiese Mumba gesê.



GEWILDHEID

Fyn spiritus het groot gewildheid oraloor die wêreld verwerf, so ook enkelvat-whisky. Peens meen dat hulle dieselfde geleentheid vir Kaapse wynbrandwyn sien.

Wyn en brandewyn het ’n ryk geskiedenis in Suid-Afrika, aangesien brandewyn van wyndruiwe reeds jare lank in die land gedistilleer word.

“Die goue spiritus word dikwels van Chenin Blanc gemaak en is al meer as twee eeue ’n stapelproduk in die Kaap, nadat dit vir die eerste keer in omstreeks 1672 gemaak is.

“Suid-Afrikaanse brandewyne word volgens wet amper presies soos Cognac gemaak, met ’n dubbele distillasieproses in koperpotketels gevolg deur veroudering in eikehoutvate vir ’n minimum van drie jaar,” lui Strauss & Co se verklaring.

Strauss & Co was die afgelope vyf jaar instrumenteel in die opbou van ’n sterk sekondêre mark vir goeie wyn in Suid-Afrika.

Die senior wynspesialis, Higgo Jacobs, meen dat Kaapse wynbrandewyn tans wêreldwyd onderwaardeer word en uitsonderlike waarde en beleggingspotensiaal bied.

“Hierdie veiling is die eerste van sy soort in Suid-Afrika en Strauss & Co is daartoe verbind om dieselfde vir brandewyn te doen. Suid-Afrikaanse brandewyn is wêreldklas en verdien om in die kollig te wees.”

Van Ryn’s se 15 jaar oue Potstill-brandewyn is by vanjaar se World Drinks-toekennings as die “World’s Best Wine Brandy” bekroon, terwyl KWV as “Beste in die Wêreld” by die International Spirits Challenge (ISC) benoem is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!