Amanda Strydom as Nella Petersen. Foto verskaf
Amanda Strydom as Nella Petersen. Foto verskaf

Strydom eersdaags by FNB WWF

Iréne-Mari van der Walt
Die Suid-Afrikaanse aktrise Amanda Strydom is op 14 Maart weer op die Windhoek Woordfees se planke met die verhaal van Isabella Dolorosa (Tinkerbell) van Tonder – ’n weeskind wat haar noemnaam by haar ouma gekry het.

Tinkerbell is “soos ’n brief van een plek na die ander gepos” en leer uiteindelik van haar familie se geskiedenis. Strydom vertolk die verteller, Nella Peterson.

Jo-Ann Floris skryf in haar resensie vir Ink tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees in 2024: “Die ongelooflike reis van Tinkerbell van Tonder wys Strydom se veelsydigheid as sanger, aktrise en skrywer. Sy laat dit geloofwaardig klink om as wit vrou ’n bruin vrou te speel. Dit alles vertolk Strydom meesterlik, terwyl sy behendig deur ’n menigte karakters vleg. Strydom se ervaring en sensitiwiteit teenoor die karakters, die stem wat sy hulle gee, is triomfantelik.”

Dié teaterstuk het ook die Woordtrofee by die Toyota Stellenbosch Woordfees vir Beste Musiekproduksie in 2024 ingepalm, maar jonger kykers sal nié hierdie teaterstuk kan geniet nie weens ’n ouderdomsbeperking van 15 jaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer