TeaterHuis sprei (weer) vlerke

Eerste vertoning sedert pandemie
Iréne-Mari van der Walt
Die TeaterHuis op Tsumeb se ouditorium sal vir die eerste keer sedert die begin van die Covid-19-pandemie weer gevul word met kleur en klank wanneer die Suid-Afrikaanse sanger Steve Hofmeyr die verhoog betree.

Die “Skepe”-sanger Jo Black was die laaste sanger om in 2019 daar op te tree.

“Dit is natuurlik baie lekker. Ons het nou vir vier jaar lank geen vertonings gehad nie en ek dink dit gee mense hoop dat dinge weer begin optel,” sê Surine Bekker, een van die eienaars van die TeaterHuis.

Volgens Bekker sal talle musiekliefhebbers van ver af reis om dié geleentheid by te woon.

“Ek het onlangs met iemand gepraat wat gesê het hulle kom al die pad uit Opuwo,” sê sy.

Hierdie geleentheid merk volgens Bekker ook die einde van ’n onsekere tyd wat lank oor die myndorp gehang het.

“Daar was vir lank ’n onsekerheid op Tsumeb met die pandemie en die myn se kwessies, maar die myn is weer oop en die kunstenaars wat ook tydens die pandemie swaargekry het, kom kuier weer,” sê sy.

Volgens Bekker het die TeaterHuis, wat eens die hart van sosiale verkeer op Tsumeb was, se besettingsyfers omtrent twee maande gelede weer begin toeneem na besigheid weens die Covid-19-pandemie tot stilstand gedwing is.

Steve Hofmeyr se optrede begin om 19:00 op 29 Julie. Kaartjies is beskikbaar via webtickets.com.na. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!