The Ell’s op die ekspoverhoog
The Ells is net een van verskeie talente wat vanjaar op die Namibië Toerisme Ekspo se verhoog sal skitter.
Met hul unieke styl en die belofte van ’n onvergeetlike vertoning gaan hulle beslis die feesgangers betower.
In ’n eksklusiewe onderhoud met Tjil, die vermaaklikheidspublikasie van Republikein se susterkoerant Namibian Sun, het The Ells insig gegee in hul deeglike voorbereidingsproses en wat aanhangers van hul vertonings kan verwag.
“Voorbereidings vir ’n vertoning so belangrik soos die Namibië Toerisme Ekspo, behels om ons vertoning to perfeksie uit te werk, die keuse van ’n repertoire wat oor kulture heen aanklank vind en die ondersoek van samewerkingsgeleenthede wat ons gehoor kan betower,” het hulle onthul, en hul toewyding om ’n uitsonderlike musiekervaring te lewer, beklemtoon.
Die belangrikheid van so ’n geleentheid vir The Ells kan nie oorbeklemtoon word nie, beide in ’n professionele en persoonlike sin.
“Dis ’n bewys van ons toewyding en harde werk,” het hulle opgemerk, en die ekspo as ’n deurslaggewende faktor bestempel om plaaslike kunstenaars in die kollig te plaas, wat help om hul netwerk te verbreed en potensiële samewerkingsgeleenthede wat die gang van hul loopbane kan herdefinieer.
Om te verseker dat hul vertoning aanklank vind by die diverse gehoor by die ekspo, beplan hulle om verskillende musiekgenres en tale te meng, en elemente van Namibiese kultuur en tradisies in te weef.
Hierdie vertoning is meer as net nog ’n optrede vir The Ell’s; dis ’n geleentheid om hul aanhangersbasis uit te brei, nuwe bande te smee en hul status as een van Namibië se toptalente, plaaslik en internasionaal, te vestig.
“Die ekspo is ’n belangrike hoofstuk in ons reis as ’n duo,” het hulle gesê en te kenne gegee dat nuwe musiek by die geleentheid vrygestel word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie