Ter illustrasie Foto Pexels/Jorge Zapata
Ter illustrasie Foto Pexels/Jorge Zapata

Trouvrou se hoender

Iréne-Mari van der Walt
Of jy hierdie Valentynsdag jou droomman wil oorreed dat jy wel sy trouvrou is, of jy jou trouvrou wil bederf met ’n ete wat haar voete (weer) onder haar sal uitslaan, hier is ’n smullekker resep vir die perfekte Valentynsete.



BESTANDDELE:

• sout en peper

• gedroogte pasta van jou keuse – spaghetti, tagliatelle of vermicelli word aanbeveel.

• olyfolie

• twee hoenderborsies

• halwe witui, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngesny

• 1 koppie hoenderaftreksel

• kwart koppie room

• gedroogde origanum

• brandrissievlokkies

• ’n kwart koppie parmesaankaas

• basiliekruid



METODE:

1. Kook water in ’n pot en geur water met sout – so sout soos die see is té sout.

2. Voeg die pasta by wanneer die water kook en kook tot al dente. Dreineer en hou eenkant.

3. Gooi sout en peper na smaak oor albei kante van die hoenderborsies en braai in olyfolie tot goudbruin.

4. Voeg omtrent 1 eetlepel olie by en braai die ui in die pan tot sag. Voeg knoffel by en braai vir ongeveer 30 sekondes.

5. Voeg hoenderaftreksel by en skraap enige bruin stukkies van die onderkant van die pot of pan af. Voeg room, origanum, rooipepervlokkies en sout by.

6. Bring sous tot kookpunt en prut oor medium hitte. Sit hoenderborsies in die sous en kook tot die sous effens verdik het. Roer die kaas by.

7. Bedien hoenderborsies en sous saam met die pasta.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!