Veiling van luukse wyne sluit Maandag
Strauss & Co. se aanlyn veiling van Suid-Afrikaanse, Franse en Amerikaanse wyne sluit Maandag.
Hierdie veiling plaas ’n spesiale fokus op die Boergondië- en Champagnestreke in Frankryk.
Wyne uit die bogenoemde streke is bekend vir hul beperkte produksie wat tot ’n hoë aanvraag lei. Min van hierdie wyne word verkoop wanneer dit verouder is, veral in die Suid-Afrikaanse mark.
Bekend vir die geskiedenis van sommige van sy wynlandgoedere wat terugdateer tot die Middeleeue, is Bourgondië se Chardonnay- en Pinot Noir-wyne wêreldbekend vir hul kwaliteit.
Die wyne op hierdie veiling sluit die handewerk van bekende wynmakers soos Armand Rousseau, Domaine Dujac, JF Mugnier, Comte de Vogue, Fourrier en Romanée-Conti in.
Wyne uit die Champagnestreek sluit wyne van handelsname soos Bollinger, Dom Perignon, Louis Roederer, Salon en Veuve Clicquot in.
Die Suid-Afrikaanse wyne op die veiling sluit die werk van wynprodusente soos Hemel-en-Aarde in.
Klassieke Pinot Noir- en Chardonnay-wyne word hier aangebied met wynprodusente soos Crystallum, Hamilton Russell Vineyards, Newton Johnson, Restless River en Storm.
Die Cap Classique-opsies sluit Graham Beck, Le Lude en Silverthorn in.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie