'Veraa!' ontsluit plaaslike sleng

Iréne-Mari van der Walt
Die Goethe-instituut neem fliekgangers op ’n ontdekkingsreis deur die geskiedenis van Namibiese slengterme.

Die dokumentêr Veraa!, met Othilia Tutu Mungoba aan die stuur, plaas die klem op die oorsprong, evolusie en kulturele belang van verskeie taalkundige verskynsels in Namibië en word op 21 Mei om 18:00 vertoon.

Die idee agter Veraa! is vir die 2023 Fabrica Make-A-Thon ingeskryf en is gekies as een van vyf wenners wat N$20 000 in prysgeld ontvang het.

Othilia het nog N$40 000 van haar eie geld bygevoeg om die dokumentêr te finansier en is toe die geleentheid gebied om die film by vyf internasionale venues te vertoon.

Veraa is volgens Othilia nie net ’n dokumentêre film nie, maar ook ’n stuk navorsing.

“Ons het met baie kundiges in die veld gepraat; taalkundiges, sosioloë en individue wat sleng in hul daaglikse interaksies inweef.”

Die bevindinge in die dokumentêr werp onder meer lig op die voorkoms van slengterme.

“Selfs studente gebruik soms sleng in hul akademiese skryfwerk,” sê sy.

Othilia sê hulle moes die produksiewerk in ’n week voltooi het en dat hulle 20 uur aaneen moes werk om die eerste deel van die film af te handel. Die styl van die film het ’n jeugdige toon.

“Dit is soos ’n opgewekte, dog staccato-musiekvideo. Ons het vinnige, kontrasterende kameraskote (intercut) gebruik en grepe van die sosiale media gebruik om dit prettig en aanloklik te maak,” sê sy in ’n mediaverklaring.

Othilia glo sleng bring mense bymekaar.

“Mense van verskillende agtergronde sal mekaar nog steeds verstaan ??wanneer hulle sleng gebruik. Al praat ek nie sleng nie, kan ek dit verstaan.”

Aan die ander kant kan sleng ook ’n manier wees om ander uit te sluit en taalgebruik te enkodeer.

Die filmspan is uit drie woonbuurte gejaag toe hulle na Katutura gegaan het vir navorsing. Inwoners het hulle daarvan beskuldig dat hulle spioene vir die regering is.

“Dis baie belangrik vir polisiebeamptes om sleng te ken, want dan kan hulle verstaan ??hoe die onderwêreld werk,” verduidelik Othilia.

Ná die vertoning sal ’n “slam”-optrede deur Franklin Shitaleni, bekend as die North Side Rabbi, plaasvind.

North Side Rabbi se optrede beloof om ’n samestelling van plaaslike sleng te wees en ’n verkenning van die gebruik daarvan in die Namibiese kulturele landskap.

[email protected]



GRYS BLOK

Othilia Tutu Mungoba is al 20 jaar deel van die kreatiewe bedryf. Sy het reeds op 10-jarige ouderdom haar debuut in die media gemaak as kinderaanbieder vir radio en televisie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!