Vier kinderboeke sien die lig
As deel van die Duitse ambassade in Namibië en die Goethe-Institut se Book Sprint Namibia-inisiatief, is vier nuwe kinderboeke op 31 Mei in die hoofstad bekend gestel.
Tydens die bekendstellingsgeleentheid het die skrywers, illustreerders en ontwerpers van die vier boeke hul werke aangebied en aan die ywerige gehoor van kinders, vriende en familie van die skeppers en ander belangstellendes voorgelees.
Open your Eyes, Minda! deur Nicole Abdinghoff, Romeo Sinkala en Silas Shiimbi; Myra's Friends deur Charmaine //Gamxamûs, Belia Liebenberg en Benisa Nghiivali; I want to be deur Lucia Shali-Paulus, Mitchell Gatsi en Rauha Shagandjua; en Who tickles Tula? deur Laura-Jo Scriba, Silke van der Merwe en Tutaleni Ilonga gaan oor kinders en diere wat klein avonture beleef.
Die stories dra boodskappe oor die belangrikheid van vriendskap en familie, dat dit oukei is om 'n bril te dra, of dat seuns en meisies vry is om te besluit wie hulle wil wees wanneer hulle groot is.
Die geleentheid is afgerond deur die storieverteller Tangeni Nambinga wat beide kinders en volwassenes gefassineer het met ’n opwindende storie oor die seuntjie Penda en ’n leeu.
“Die boeke is daar om kinders aan te moedig om meer te lees,” sê Clarissa Judmann, die kultuurbeampte by die Duitse ambassade en ’n ondersteuner van die projek.
“Ek hoop die boeke sal hulle leer dat lees nie net vir skool is nie, maar pret kan wees en hulle na fantastiese wêrelde kan neem”.
Die idee om kinderboeke te skep is verlede jaar gebore toe Nicole Abdinghoff, een van die skrywers en projekleier van Book Sprint Namibia, van die Suid-Afrikaanse organisasie Book Dash gehoor het. Hierdie niewinsgewende uitgewer hou eendagwerksessies met kreatiewe vrywilligers wat dan hul eie kinderverhale ontwikkel om die tyd en koste om sulke boeke te skep aansienlik te verminder. Hulle word dan vrylik beskikbaar gestel om ’n bietjie nader te kom aan die doelwit van ’n honderd boeke vir elke kind teen die ouderdom van vyf. Die projekidee het Abdinghoff oortuig, wat toe, met die hulp van die Duitse ambassade en die Goethe-Institut, verlede Oktober die eerste boekskeppingsgeleentheid aangebied het, waartydens die vier kinderboeke ontwikkel is.
Die boeke is beskikbaar op die Goethe-Institut Namibia-webwerf: https://www.goethe.de/ins/na/en/kul/bib/booksprint-namibia.html

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie